Om ‘nee’ te sê

2017-02-16 06:02

Dis soms baie moeilik om nee te sê vir iets. Party van ons sukkel meer daarmee as ander. Hoe sê mens nee vir die skoonma wat die heeltyd aan jou karring om net nog ‘n stukkie te eet. Hoe sê mens nee vir die lastige verkoopsman as jy grootgemaak is om tog nie ander mense se gevoelens seer te maak nie? Hoe sê mens nee vir die ekstra lading werk as jy grootgemaak is om alles vir almal te wees? Hoe sê mens nee as jy bang is vir straf of vir verwerping? Ek dink u sal saamstem dat ons almal hiermee probleme het. Veral as mens se gewete oorsensitief is. Jy weet iets is verkeerd of jy voel dis verkeerd. Jy stem nie met iemand saam nie, maar jy is bang. Dit maak dat jy dalk vir die verkeerde goed ja sê.

In die Bybel in Matteus 4:1-11 kry ons ‘n duidelike geval van die Satan wat Jesus Christus versoek. Hy versoek hom met verskeie dinge wat nogal mens se inherente behoefte aan erkenning, mag en sukses aanspreek. Hoe sê mens dan nee? Dalk moet ons die volgorde omkeer en vra hoe sê mens ja? Ek dink dis deur te verstaan wat regtig belangrik is in die lewe en wat nie. Jy moet vir jouself uitmaak wat jou definieer en wat vir jou belangrik is. Wat is die lewenswaardes waarby jy staan en val? Is dit Bybelse waardes? Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. Jy kan nie almal gelukkig maak in die lewe nie. Jy sal grense moet stel aan jou eie lewe. Jy kan nie jou eie familie verwaarloos om die sportklub of die kerk of jou vriende te plesier nie. Jesus kon nee sê vir versoekings van die duiwel omdat Hy geweet het dat Hy die geliefde van die Hemelse vader is. Beskou jy jouself as geliefd? In Christus is jy God se geliefde seun of dogter. Jy hoef nie na ander se pype te dans nie. Leer om ja te sê, leer om nee te sê. Wees jouself, wees dankbaar, wees verantwoordelik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.