Onwaarskyn- likste prater

2015-11-19 06:00
Foto: johan pretorius Raj Dawnarain (derde links) en sy werknemers (van links) Ayanda Cele, Tu Shebi, Sbonelo Cele en Sphiwe Mthembu.

Foto: johan pretorius Raj Dawnarain (derde links) en sy werknemers (van links) Ayanda Cele, Tu Shebi, Sbonelo Cele en Sphiwe Mthembu.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ALMAL ken hom: die vriendelike Indiër-sakeman by sy vrugtestal op die grens tussen Shelly en Oslo Beach... die tipiese Indiese vrugteverkoper van die verlede maar met moderne bemarkingsmetodes. Hy laat jou byvoorbeeld eers proe aan enige vrug waarin jy belangstel. Hy is D.B. “Raj” Dawnarain. Waarom ‘n berig in Afrikaans oor Raj skryf? Om die eenvoudige rede dat hy vlot Afrikaans praat, en lief vir die taal en Afrikaanssprekendes is.
“Sodra ek met ‘n Afrikaanssprekende Afrikaans praat, is daar ‘n onmiddellike band tussen ons.” Waar het hy Afrikaans geleer praat? “In Port Elizabeth, Mosselbaai en by die boere in die Kaap wat ek gereeld besoek het. Dis ‘n maklike taal wat ek redelik vinnig onder die knie gekry het.”
Hoe hy daar beland het is ‘n lang storie. Raj is 52-jaar gelede in Port Shepstone gebore. Hy en sy vrou Devi het drie kinders dogters Sujatha (21) wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, Chandrika (22), ‘n Honneurstudent in die Onderwyskunde, en sy seun Deena (24) wat saam met hom sy sake-onderneming bestuur. Twintig jaar gelede het hy ‘n vervoer-onderneming in Port Shepstone begin nadat hy aanvanklik in die vrugte- en groentebedryf was, maar iets het verkeerd geloop en hy het alles verloor. Daarbenewens het hy die Ontvanger R12 000 geskuld. Raj het besluit om Port Elizabeth toe te gaan. Hy het ‘n werkie by die stad se mark te kry onderwyl sy gesin in sy bakkie gebly het. Binne vier dae het ‘n mark-agent het sy potensiaal binne raakgesien, sy verblyf betaal en hom gehelp om pynappels van Port Alfred af na die mark te bring. Hy het so goed gevaar dat hy binne vyf maande sy agterstallige inkomstebelasting betaal het en later ‘n huis kon bekostig.
Na meer as ‘n jaar in Port Elizabeth, het hy Mosselbaai toe getrek, in Danabaai gewoon onderwyl sy sake-onderneming gefloreer het. Hy het goed geld gemaak. Toe kom ‘n geweldige terugslag. Op ‘n dag ry hy op ‘n pad in die Wilderness in sy bakkie, en ‘n ander voertuig ry in hom vas nadat dié se bestuurder ‘n hart-aanval gehad en agter die stuurwiel dood is. Hy is ernstig beseer en het met voertuig en al in ‘n meer beland. Weer het hy alles verloor omdat hy bykans ‘n jaar in die hospitaal weens sy beserings moes deurbring.
Nog steeds mank, het hy en sy vrou al hul oorblywende besittings verkoop, en in haar motor teruggery na Port Shepstone. Hier het die gesin by ‘n familielid in’n twee-kamer woonplek gebly, met geen vooruitsig van ‘n inkomste nie. Raj het weens sy beserings nog gesukkel om oor die weg te kom en was meesal bedlêend, maar opgee was nie ‘n opsie nie.
Een oggend vra hy mense moet neute en die nodige kombuis-implemente bring sodat hy ‘n tradisionele Indiese versnapering kon maak. Almal het gehelp, en kort voor lank is hy soggens by ‘n skoolhek en verkoop pakkies van die versnapering teen R3 elk. Kort voor lank stop daar ‘n ouer by hom, en plaas ‘n bestelling vir Mthatha ter waarde van R6 000. Oor die Paasnaweek kom sy hele familie bymekaar om hom te help....en hy ryloop heen en weer Mthatha toe om die bestelling af te lewer. Terug in Port Shepstone koop hy ‘n Nissanbakkie met ‘n deposito van R4 000. Die bakkie was nie padwaardig nie, maar hy ry snags (en slaap bedags in die bakkie ) heen en weer tussen Port Alfred en Port Shepstone met vragte pynappels. Die pynappels verkoop hy langs die pad naby die plek waar sy padstal nou is, en ten spyte daarvan dat hy gereeld verjaag en gedreig word deur munisipale amptenare, groei sy besigheid.
Uiteindelik sluit hy ‘n ooreenkoms met die eienaar van die grond waarop sy padstal nou staan, die eerste twee jaar betaal hy nie huur nie, en vandag, amper tien jaar later, het hy weer ‘n vooruitstrewende besigheid. Hy het agt personeellede in diens wat elk R1 200 per week verdien.
“Ons het nie ‘n groot bankbalans nie, maar ons lewe goed. My dogters kon gaan studeer, en ons het ‘n gerieflike huis. Ek het twee nuwe bakkies en ‘n splinternuwe vragmotor.” Wat is sy leuse in die lewe? “Ek is ‘n baie gelowige Hindu, en ek glo onwrikbaar in eerlikheid. Werk hard, en moet nooit ooit hoop verloor nie. Vandag nog ry ek en my seun, op wie ek onsettend trots is, gereeld baie lang paaie om vrugte te gaan haal, selfs na Montagu en ander plekke in die Kaap, selfs Swaziland toe. Dis waarom my vrugte so vars is.
“Ek ken baie groot boere persoonlik. My besigheid maak winter en somer om 5.30 oop. Benewens my eie taal en Afrikaans, praat ek Zoeloe en Engels.”
Wat ‘n plesier om Raj te ken en met hom te gesels. Voorwaar ‘n besonderse mens met deursettingsvermoë soos min. En hy praat so lekker Afrikaans.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.