Ouderdom Stiltetyd

2015-12-10 06:00


WAAR ek vandaan kom het hulle altyd gesê: “Oudword is nie vir sissies nie.” Mense wil graag as hulle oor oudword gesels, die ouderdom versag met die woorde: “Die aand van die lewe, of die tyd as die skaduwees lank word. Ons praat van die Herfsjare, en ouetehuise kry name soos Village of Happiness, Silwerdae, Mooi Hawens, ensomeer. Dis so asof ons nie reguit oor die verskynsel van oudword wil praat nie. Tog is bejaardheid deel van ons lewe hier aan die Suidkus. Oor 15 jaar reken die departement van statistiek sal daar meer as sewe miljoen mense ouer as 60 jaar in Suid Afrika wees. Voorwaar ‘n groot mark om elke week ‘n gratis stukkie koek te gee soos sommige eetplekke doen.

Gelukkig beteken die aand van die lewe nie dat mens nou moet gaan sit in sak en as nie. Die president van Amerika was 69 jaar oud toe hy tot president van sy land verkies is en dan is daar ook nog ons eie Nelson Mandela. In die Bybel lees ons in Lukas 2:25 van twee bejaardes, Simeon en Anna wat die koms van die Messias ingewag het, al was Anna reeds in haar tagtigerjare. Sy het op hoë ouderdom mense moed ingepraat en vertel van die Verlosser van die wêreld wat gebore sou word. Haar hoop is nie beskaam nie. Nee, ons moet nie negatief oor die ouderdom dink nie. Jy het nog baie om te doen.

Kom ons dank die Here vir die “goue jare” want goud is tog kosbaar. Of soos Zirk Bergh gesing het: “My ouma is nie grys nie, sy het silwer hare.” Ons tye is in die hand van die Here en almal wat hier aan die Suidkus bly kan getuig daarvan dat as die gesondheid dit toelaat daar nog baie geleenthede en uitdagings is wat vir mense ook in die ouderdom wag. ‘n Sekere dorp in San Fransisco is glo omring deur duisende grafte. By die ingang van die dorp is ‘n kennisgewingbord waarop staan: “Dis wonderlik om te leef.” Leef jy?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.