Pad-ongelukke – wanneer gaan die slagting eindig

2017-02-09 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIS bekend dat Suid-Afrika se paaie van die gevaarlikste in die wêreld is. Dis iets waaraan ons feitlik elke dag herinner word. Behalwe vir die ongelukke wat gereeld op ons hoofpaaie gebeur, is daar feitlik elke dag noodlottige ongelukke in ons stede en dorpe. Honderde mense word elke maand in pad-ongelukke beseer.

Ook hier op ons Suidkuspaaie is daar gereeld motor-ongelukke. As nuusmens kry die uwe gereeld soos klokslag berigte van mense in ons omgewing wat òf dood òf ernstig beseer is. Wat is aan die gang? Kom ons kyk na statistieke.

Teen die einde van Desember het die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, bekend gemaak dat daar in Suid-Afrika‘n toename van 17% was in vakansieseisoen-padongelukke vergeleke by dieselfde tydperk verlede jaar. In daardie stadium het meer as 800 mense reeds in daardie maand op ons paaie gesterf.

Die grootste toename in noodlottige ongelukke was in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Voetgangers het amper 35% van die slagoffers uitgemaak. Bykans 25% van die mense wat in die ongelukke dood is, was die bestuurders van voertuie.

Van die bestuurders het nie die ongelukke veroorsaak nie, maar ander was wel regstreeks verantwoordelik: hulle het ander voertuie oor sperstrepe of by “blinde kolle” verbygesteek, baie vinnig gery, was uitgeput of onder die invloed van drank. Menslike foute was vir 82% van die noodlottige ongelukke verantwoordelik, omgewingsfaktore soos nat en gladde paaie vir amper 38%, en swak sig vir 16.2%.

Amper elf persent van die noodlottige ongelukke is deur rondloperdiere veroorsaak, en 8.1 deur swak lig.

‘n Uiters kommerwekkende tendens is die invloed van alkohol op Suid-Afrika se paaie. ‘n Jaar gelede het die Wêreld-gesondheidsorganisasie in ‘n verslag bekend gemaak dat Suid-Afrika die hoogste aantal padsterftes het wat deur dronkbestuurders veroorsaak word. In dieselfde verslag is verklaar dat Johannesburg van die gevaarlikste paaie in die wêreld het, en dertiende op die lys is van stede op die planeet waar iemand in ‘n pad-ongeluk kan sterf.

In die jaar 2010 het 1.25 miljoen mense in motor-ongelukke op aarde gesterf. Een mens elke 25 sekondes. Slegs 28 lande, met 449-miljoen of 7% van die wêreldbevolking, het doeltreffende maatreëls of wetgewing gehad met betrekking tot al vyf die hoof-risikofaktore: hoë snelhede, dronkbestuur, kopskerms, sitplek-gordels en veiligheid-sitplekke vir kinders.

Meer as ‘n derde van padsterftes in lae- en middel-inkomstelande is onder voetgangers en fietsryers, maar slegs 35% van hierdie lande het maatreëls om hierdie padgebruikers te beskerm.

Bg. inligting het die uwe verder laat oplees: Pad-ongelukke is die negende grootste oorsaak van dood in die wêreld, en die grootste oorsaak van dood van mense in die ouderdomsgroep 15-29 jaar.

Nog 20- tot 50-miljoen mense word jaarliks beseer in pad-ongelukke. Amper 60% van noodlottige ongelukke gebeur onder mense in die ouderdomsgroep 15-44 jaar. Suid-Afrika is 42e op die lys van padsterftes, met 25.1 padsterftes onder 100 000 mense.

Die meeste noodlottige ongelukke gebeur in Afrikalande, en hier is Suid-Afrika 34e op die lys. Die wêreldland met die gevaarlikste paaie is Libië met 73.4 sterftes per 100 000 mense. Tweede op die lys is Venezuela met 45.1, gevolg deur Thailand met 36.2.

Sjoe. Stof tot nadenke. Maar wat sê dit alles vir ons? Dat ons pad-sterftesyfer eintlik goed vergelyk met die res van die wêreld? Of dat padgebruikers ( en veral die regering ) alles in die stryd moet werp om die slagting in ons land te keer, al is dit met drastiese, selfs drakoniese maatreëls? Is daar hoegenaamd ‘n keuse? En wie van ons is die volgende padsterfte?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Does your dog have separation anxiety?

We've got tips, advice and how to help your dog

 
 

Paws

Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.