Persepsies

2016-12-15 06:02

PERSEPSIES het baie te make met jou ingesteldheid teenoor mense of situasies of die lewe in die algemeen. Dit is nie altyd wat om ons of met ons gebeur wat deurslaggewend is nie. Dit is dikwels ook hoe mens dit wat met en om jou gebeur of afspeel, interpreteer.

Donker wolke kan byvoorbeeld vir die een boer heerlike reën voorspel, terwyl die ander een groot hael verwag. Een wolkformasie maar twee interpretasies. Ons sien almal die werklikheid deur ‘n ander bril. Dit is net belangrik dat ons sal erken dat ons persepsies oor die lewe, oor mense, oor God of selfs oor die politiek, deur die lense van ons persepsie brille gekleur word, by wyse van spreke.

Dink maar net aan die onlangse Amerikaanse verkiesing en hoe verkeerd meningsvormers oor die uitslag daarvan was. Jesus Christus het eenmaal ook navraag gedoen oor mense se persepsies van Hom. Hy het in die streke van Sesarea-Filippi rond getoer. Volgens Markus 16:13 wou Hy graag weet wat die mense se persepsies van Hom was. Daar was baie antwoorde.

Party het gedink dat ‘n oordeelsprofeet, ‘n vernuwingsprediker opgestaan het. Ander het gedink dat Jesus die ou strenge tradisies van die verlede kom hervestig het. Soveel woorde, soveel sinne, soos die ou mense gesê het.

Wat is jou persepsie van Jesus Christus? Is Hy net iemand wat liefde gepredik het, of was Hy ook streng oor huigelary en valsheid? Was Hy net ‘n gewone mens of dalk regtig die Seun van God? Die antwoord word bepaal deur die persepsie bril wat jy dra. Hoe sien jy ander mense en die toekoms van ons land? Watter persepsie bril het jy op?

Petrus die bekende dissipel van Jesus, het uiteindelik sy mening oor Jesus Christus uitgespreek: “U is die Christus die Seun van die Lewende God,” sê hy in Markus 16. Dit was ‘n antwoord wat van Bo, deur God self, aan hom ingegee is. Dalk is dit die kuur vir ons skeefgetrekte persepsies. Laat God die bril van jou persepsies vorm deur die bril van Sy genade en liefde, sodat jy met Sy oë na die lewe kan kyk. Sal jy?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.