Ricus Nel kom Suidkus toe

2015-12-10 06:00
Ricus Nel. Photo: verskaf

Ricus Nel. Photo: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

RICUS Nel se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ‘n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het dié 35-jarige sanger sommer gou by duisende musiekliefhebbers laat aanklank vind.
Hoewel Ricus, voordat hy voltyds tot die musiekbedryf toegetree het by ‘n platinummyn, ‘n tabak­ koöperasie en ‘n musiekwinkel gewerk het, was musiek dit wat die sterkste deur sy are gepols het. Hy het reeds op vier-jarige ouderdom sy eerste instrument, dromme, begin bespeel - iets wat uiteindelik een van dertien instrumente sou word wat hy bemeester het.
Hy het later aangesluit by sy pa-hulle se boereorkes waar hy gedurende sy laerskool- en hoërskoolloopbaan verder kon skaaf aan sy instrumentale-, sowel as sy vokale vernuf. Hy onthou met ‘n glimlag dié “Lekker ou Jan”-tye as van die beste in sy lewe.

Nadat hy in 1998 matrikuleer het, het Ricus soos vele ander musikante in kroeë gespeel totdat hy uiteindelik in 2003 sy voet formeel in die deur van die musiekbedryf gekry het as lid van Dozi se orkes by Hartebeespoortdam. Hierna het hy sy talente geleen aan ‘n hele rits groot name se opvoerings, DVD produksies en TV-reekse, wat Theuns Jordaan en Juanita du Plessis se duet-DVD, Bok van Blerk se orkes, KKNK, Skouspel, Innibos, Dis Hoe Dit is Met Steve en Jukebox met Kurt Darren
insluit.
Hy het ook in Londen opgetree tydens die ou UKasie-fees en ook gehore in Australië, Kanada en die VSA bekoor met sy talent. Ricus het sy eerste solo-album, Sak en Pak, in 2011 vrygestel. Dit is met oorweldigende ondersteuning deur Suid-Afrikaanse gehore ontvang en het later goue status bereik. Dit is gevolg deur die vrystelling van Sout van die Aarde in 2013 en Ricus Nel sing Don Williams en ander Country Legendes in 2014 – ‘n album wat ook binne net ‘n paar maande die goue-kerf verbygesteek het.

Oorspronklike treffers Sak en pak, Spyt kom te Laat, Windgat, my Honne en Nogsteeds so Lief vir Haar, sowel as Ricus se vertolkings van I Recall a Gypsy Woman, Some Broken Hearts Never Mend, You’re my Best Friend en Lay down Beside Me het landswyd opslae op radio-ranglyse gemaak. Een van die groot hoogtepunte van sy loopbaan tot dusver was om die wêreldbekende Air Supply - die Australiaanse duo wat in die 80’s bekendheid verwerf het met treffers soos All Out of Love, Every Woman in the World, Lost in Love en Making Love (Out of Nothing At All) - in 2014 by die Grand West Arena in Kaapstad in te lei tydens hul wêreldtoer. Ricus se vermoë om ‘n verskeidenheid genres – van country, tot rock en rock-‘n-roll, tot boeremusiek, opskop-sokkie en rustige lekkerluister-treffers – te kombineer met sy uistekende sang- en speeltalent sorg vir ‘n kleurryke fees van klank en melodie wat by enige kuier, optrede en fees tuis sal wees. - Versakf.

KANADA EN DIE VSA BEKOOR MET SY TALENT.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.