Rolmodelle

2016-11-10 06:00

DIE foto wat mens bybly is die van die pa wat groot spore op die nat seesand trap. Agter hom loop sy vyfjarige seun en hy trap presies in sy pa se spore. Sy pa is inderdaad vir hom ‘n rolmodel.

Die belang van ‘n rolmodel vir ‘n seun of ‘n dogter is van groot belang. Dit is veral seuns wat aan die kortste end trek. Daar word beweer dat vaders vandag nie meer as tien minute gehaltetyd aan hul seuns se vorming spandeer nie.

Hoe akkuraat die bewering is, of nie, die feit is dat alle kinders ‘n rolmodel nodig het in die grootwordjare. Elkeen van ons het ook so ‘n rolmodel in ons lewens nodig, hetsy by die werk of die sportklub of ook by die kerk. ‘n Rolmodel is iemand wat ‘n navolgenswaardige voorbeeld vir ons nalaat. Soms voel ons dat ons te veel tekortkominge het om so ‘n rolmodel vir iemand anders te wees.

Natuurlik is dit ook so dat mens ‘n anti-rolmodel kan wees. Die punt is egter dat ons as Christene, positiewe en navolgenswaardige lewens moet modelleer vir ander wat na ons opkyk.

“Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg,” skryf Paulus in 1 Korintiërs 11:1. Mens sou sy opdrag letterlik met die woord “mimiek” of naboots kon vertaal. Paulus was nie arrogant nie. Hy het nie gedink hy is sondeloos nie. Dis belangrik dat hy die woorde byvoeg “… soos wat ek die voorbeeld van Christus volg.” Dit maak die verskil.

Ons kan vir ander rolmodelle wees as ons bereid is om nederig en erkentlik oor ons beperkinge te wees. Dit belangrik dat ons andere sal hê wat ons sal inspireer om eendag bv self goeie ouers te wees, of ‘n goeie ambagsman, om maar enkele voorbeelde te noem. Is jy bereid om doelbewus elke dag jou lewe deur die Heilige Gees te laat vorm na die voorbeeld van Christus?

Dan mag jy maar mense oproep om jou voorbeeld te volg soos wat jy die voorbeeld van Christus volg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.