Sensasie

2017-03-09 06:01

Soms trek iemand op so ‘n manier aan of doen iets wat al die koppe laat draai. Dan sê ons dat hulle net soek na sensasie of aandag. Dis eie aan die mens, ons wil van geweet wees. Partykeer is aandag trekkery ‘n manier om vir ons eie gebrek aan eiewaarde te kompenseer. Ons selfbeeld is aan flarde en as ons dan regkry dat mense van ons notisie neem, voel ons goed. ‘n Kind wat nie genoeg aandag van sy of haar ouers ontvang het nie, kan ‘n gevoel van verwaarlosing of verwerping beleef. Psalm 139 leer ons dat God weet van ons reis en ons oorbly, van ons sit en ons opstaan, van die klein detail van ons lewens. Ons hoef nie Sy aandag te trek nie.

Op godsdienstige gebied is die versoeking om sensasie na te jaag eweneens groot. In ons snel veranderende samelewing sal kerke soms dinge aanbied net om getalle te trek. In die versoekings van Jesus wat die Bybel vir ons in Matteus 4:5-7 voorhou, sien ons dat die Bose vir Christus probeer versoek om ‘n populêre verlosser te wees. Hy word na die dak van die destydse tempel in Jerusalem geneem. Die was op ‘n goed geleë plek geplaas en binne sig van die hele stad. “Spring daar af en God sal jou beskerm dat jy niks oorkom nie,” beweer die versoeker. Die implikasie is dat Jesus dan die skares na Sy bediening sou trek.

Jesus Christus leer ons hoe om die sug na sensasie te hanteer. As ek weet dat ek in Christus God se geliefde is, (Matt 3:17) hoef ek nie dinge te doen of sê om die guns van my Hemelse Vader te koop of te verdien nie. My identiteit hang ook nie af van die goedkeuring of afkeuring van mense nie. Jesus wou nie ‘n wonderwerker wees of Sy Vader op die proef stel nie. Die teenvoeter vir sensasie is dus om God te vertrou en nie die heeltyd te soek na tekens dat Hy omgee nie. Hy gee soveel om dat Christus in jou plek aan die kruis kom hang het. Jy is geliefd.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.