Sosiale media - verwoesters of skeppers?

2016-02-11 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE opskrif van hierdie berig is nie die uwe se eie bewoording nie. Dit is die opskrif van ‘n baie insiggewende rubriek onlangs geskryf deur die redakteur van die New York Times, Thomas L. Friedman.

Omdat die sosiale media die afgelope tyd ‘n groot rol in Suid-Afrika gespeel het, en nog steeds speel, in die wisselwerking tussen mense, meesal negatief, het ek die berig met groot belangstelling gelees.
Die oorgrote meerderheid opgeleide en ervare joernaliste besef die sosiale media soos Facebook en Twitter is waardevolle, vinnige maniere om te kommunikeer­ en inligting te versprei. Mits dit verantwoordelik en met die nodige voorsorg gedoen word om seker te maak dat die inligting wat versprei word, eg is, en nie lasterlik of opruiend nie. Maw, die basiese reëls volg van verantwoordelike joernalistiek, want joernaliste het ‘n kleintjie dood aan onverantwoordelike, half-waar of onwaar boodskappe wat die wêreld ingestuur word sonder dat die feite gekontroleer word. Of rassitiese en lasterlike bewerings bevat wat oral vure aansteek, en teenreaksie uitlok, dikwels vuriger en opruiender as die oorspronklike inskrywing.

In ons land, versuur dit rasse- en mense-verhoudinge, en bevorder dit polarisasie soos geen ander medium nie. Die uwe het die afgelope twee weke met aandag verskillende Facebook en Twitter-gesprekke gelees, en was verstom om te sien hoe wit en swart mekaar in die kruuste taal slegsê.
Selfs wit en wit en swart en swart beledig mekaar ad hominem omdat hulle verskillende politieke standpunte het. Die standpunt word nie beredeneer nie, maar die persoon word beswadder.

Die mensdom het toegang het tot wonderlike kommunikasiemiddels, maar dit word total onverantwoordelik gebruik. Vra maar vir Penny Sparrow. Dis juis waarom die rubriek van die New York Times se redakteur so insiggewend is.
Hy wys daarop dat daar die afgelope paar jaar “Facebook-rewolusies” was van die sg. “Arabiese Lente” en “Beset Wall Street”, tot die vergaderings op stadspleine van Istanboel, Kiev en Hongkong wat deur die sosiale media “gedryf” is. Maar “toe die rook opklaar”, was daar na hierdie rewolusies geen lewensvatbare nuwe politieke ordes nie, deels omdat sommige stemme in die proses so oordonderend was dat die bou van konsensus onmoontlik was.
Friedman vra die vraag: “Is die sosiale media dus meer geneig om af te breek as om op te bou?” Hy verwys na ‘n belangrike persoon wat die vraag onlangs met ‘n dawerende “ja” beantwoord het.

Hy is Wael Ghonim, die Egiptiese Google-werknemer wie se anonieme Facebook-blad gehelp het om die Tahirplein-rewolusie in 2011 te begin wat gelei het tot President Hosni Mubarak se ondergang. Dit is egter nie gevolg deur ‘n ware demokratiese alternatief nie. Ghonim wys daarop hy het aanvanklik gesê al wat mense nodig het om ‘n gemeenskap te bevry, is die Internet.
“Ek was verkeerd. Die Arabiese Lente het die sosiale media se grootste potensiaal ontbloot, maar ook hul grootste tekortkominge. Dieselfde hulpmiddel wat ons verenig het om diktators te ontsetel, het ons uiteindelik uitmekaar geskeur.”

Ghonim het bygevoeg: “Omdat ons nie konsensus gekry het nie, het die politieke stryd tot kwaai polarisasie gelei.
Die sosiale media het die polarisasie konstant vererger deur die verspreiding van disinformasie, gerugte en haatspraak. Die omgewing was toksies, en my aanlyn-wêreld het ‘n slagveld geword van leuens en haatspraak. Die leër en die Moslems het die sosiale media gebruik om mekaar te beledig, en die demokratiese sentrum, waar ons was, is heeltemal gemarginaliseer.”

Ghonim, wat nou in Amerika in Silicon Valley werk, het die sosiale media hierna twee jaar lank vermy, en tot die volgende gevolgtrekking gekom.
Eerstens, mense weet nie hoe om gerugte te hanteer nie. Gerugte wat mense se vooroordele bevestig, word geglo en onder miljoene mense versprei.
Tweedens, ons kommunikeer net met mense met wie ons saamstem en blokkeer die res.
Derdens, aanlyn-besprekings ontaard baie gou in woedende gepeupelgedrag. Vierdens, dit is feitlik onmoontlik om ons menings te verander. Weens die aard van die sosiale media maak ons verkeerde afleidings en skryf kort menings in 140 karakters oor ingewikkelde wêreldsake.
En vyfdens, ons media-ervarings het totaal vervlak … ons praat tot mekaar pleks van met mekaar.

Voorwaar, ‘n baie interessante analise, en ‘n bewys dat die sosiale media in onverantwoordelike hande vorentoe nog massiewe reperkussies gaan hê.
Hoe sê hulle in Engels? “Watch that space.”

Die oorgrote meerderheid opgeleide en ervare joernaliste besef die
sosiale media soos Facebook en Twitter is waardevolle, vinnige maniere om te kommunikeer en
inligting te verspreiote

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.