STILTETYD

2016-09-08 06:00

Keuses

ONS word elke dag gekonfronteer met keuses. Dink bietjie hieraan: jy het ‘n keuse gemaak om hierdie koerant deur te blaai en tot hier te lees. Jy maak jou yskas oop en sal moet kies wat jy gaan eet vanaand. Jou lewensmaat is die direkte gevolg van ‘n keuse wat jy lank gelede gemaak het. Die feit dat jy hier op die Suidkus kon aftree is die gevolg van keuses lank gelede om in ‘n aftreefonds te belê. In hierdie dae moet sommige kinders belangrike vakkeuses maak wat hul toekomstige loopbaankeuses sal beïnvloed.

Dit word beweer dat Eleanor Roosevelt gesê het dat ‘n mense se lewensuitkyk nie noodwendig die beste in woorde uitgedruk word nie. Dit kom tot uitdrukking deur die keuses wat ons maak. Ons word gevorm deur die keuses wat ons maak en ons vorm ander deur ons keuses. Jou bestemming is ‘n kwessie van keuses, soms ja, soms ook ander se keuses.

In die Bybel, in 1 Konings 18:21 word vertel van mense wat die hele tyd gehuiwer het tussen hul lojaliteit aan die ware God en die afgode. Elia roep hulle toe met die woorde: “Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom, maar as dit Baäl is, volg hom.”

Ons sukkel ook met hierdie tweespalt in ons lewens. Ons wil graag as Christene bekend staan, maar leef en tree op soos mense wat nog nooit gehoor het van sake soos selfbeheersing, goedheid, vriendelikheid, getrouheid en dies meer nie.

Dalk is dit omdat ons ons “opsies” oop wil hou, soos die ou mense gesê het. Dalk word ons net oorweldig deur die talle keuses wat ons oor allerhande sake moet maak vandag.

Die probleem is net dat as ons nie onsself verbind tot ‘n saak of tot iemand nie, ons ongelukkig bly en nie regtig ‘n invloed op ons gemeenskap, skool, werk, klub, kerk kan uitoefen nie. Albert Einstein het na bewering gesê dat in die kern van probleme lê geleenthede.

Maak ‘n keuse.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.