Stiltetyd Geseënd is die Vredemakers

2015-11-26 06:00

DIE seer en die pyn van die Franse volk is nog deel van ons psige. Ons verstaan nie hoe een mens so koelbloedig teenoor ‘n ander kan optree nie. Vandag word godsdiensoorloë oor die wêreld heen gevoer.

Ons kan as Christene nie ons skouers optrek en sê dat dit ons nie raak nie. Ons ken mos die bekende woorde van ds Martin Niemöller wat aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog terugkyk op die verloop van die oorlog en skryf: “In Duitsland het hulle gekom vir die kommuniste, maar ek het niks gesê nie, want ek is nie‘n kommunis nie. Hulle het gekom vir die Jode en ek het niks gesê nie, want ek was nie ‘n Jood nie. Toe het hulle gekom vir die Katolieke, en ek het niks gesê nie, want ek was nie ‘n Katoliek nie. Toe het hulle gekom vir my, en daar was niemand oor om op te kom vir my nie.”

Mag dit nooit van die Christene in hierdie land gesê word nie. Jesus Christus meld in Sy bekende Bergrede in Matteus 5:9: “Geseënd is die vredemakers want hulle sal kinders van God genoem word.”

Die Hebreeuse woord vir vrede beteken volheid, totale welsyn, God se Shalom. Vredemakers is nie mense wat alles maar net verdra en toelaat dat ander hul regte vertrap nie. Ons het die reg op veiligheid en om wat ons opgebou het met harde werk te geniet. Maar dan nooit ten koste van andere nie. Ons behoort mekaar ‘n plekkie in die son te gun.

Vredemakers is mense wat die Vredevors leer ken het van wie die engele daardie eerste Kersnag gesing het. Vredemakers ken die innerlike vrede wat alle verstand te bowe gaan waarvan Paulus in Filippense praat. Vredemakers is om met my ingesteldheid, woorde en dade so op te tree dat mense uiteindelik begeer nie om ander uit te haal of te elimineer nie, maar om heelheid te bevorder waar daar gebrokenheid is, versoening waar daar verwydering is, Mag Christus, die Vredevors ons hierdie Kersfeestyd 2015 daarmee help.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.