Supermaan – ‘n mislukte fotografiese sending

2016-11-24 06:01
FOTOS: verskaf Die Supermaan by Leeukop in Kaapstad. Die ander fotos is elders in die wêreld geneem.

FOTOS: verskaf Die Supermaan by Leeukop in Kaapstad. Die ander fotos is elders in die wêreld geneem.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EEN van die rare astronomiese verskynsels, die sogenaamde “Supermaan”, het op 14 November wêreldwyd voorgekom, en mense wat dit gesien het, was beïndruk deur die pragtige beeld en foto’s wat hulle daarvan kon neem.

Die Supermaan-verskynsel gebeur met volmaan of nuwemaan met die maan op sy naaste aan die aarde in sy wentelbaan - oftewel wanneer die aarde, maan en son al drie in lyn is, met die maan op sy naaste posisie aan die aarde.

Wat die Supermaan van 14 November spesiaal gemaak het, was die feit dat dit toe die naaste aan die aarde was sedert die Supermaan van 26 Januarie, 1948, en dit sal eers weer so na of nader aan die aarde wees op 25 November, 2034. Die “naaste” Supermaan van die eeu sal op 6 Desember, 2052 verskyn. Waarom al bogenoemde inligting? Omdat die uwe, wat hom normaalweg nie steur aan sonsverduisterings en sulke dinge nie, al was Aardrykskunde ‘n matriek- en universiteitsvak, het ek hierdie keer besluit om die Supermaan-verskynsel te fotografeer.

Nie dat ek ‘n professionele fotograaf is nie, inteendeel, maar met ‘n Pentax en ‘n goeie “zoom”-lens het ek myself voorberei om die eerste keer in my lewe ‘n astronomiese verskynsel te fotografeer. Die kamera se batterye is herlaai, die driepoot afgestof en met die kamera op ‘n strategiese plek op ons balkon geplaas. Deur die zoom-lens het ek vroegmiddag reeds ‘n reeks fotos geneem (met die kamera op ‘outomatic’) van die see se horison waar die maan sou verskyn.

Net om behoorlik voorbereid te wees.

Wat wel gepla het, was dat die dag feitlik deurgaans bewolk was. Nietemin, ‘n toegewyde fotograaf laat homself nie maklik van stryk bring nie, en ek sit tot redelik laat op die balkon, met die hoop dat die wolke sou opklaar of dat ek dalk iets deur die wolke sou sien. Helaas, soos almal weet, kon die Supermaan in groot dele van Suid-Afrika nie gesien word nie as gevolg van die wolklaag.

Na ‘n paar ure se wag, wat draaglik gemaak is deur ‘n paar … miskien meer as ‘n paar... glase yskoue Theuniskraal Riesling, het die uwe maar gaan slaap. Die gevolg is die foto’s wat ek vandeesweek by hierdie berig wou plaas, het toe nooit gematerialiseer nie. Nietemin, dis seker die gedagte wat tel, en ons moet tevrede wees met tweede beste – foto’s wat elders in Suid-Afrika en in ander wêrelddele geneem is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.