Tragiese storie oor moederliefde

2016-08-25 06:00

DIE Fever het ‘n brief ontvang van “Chris van Barracudalaan, Leisure Bay”, wat ons graag met ons lesers wil deel. Veral omdat dit Vrouemaand is.

Chris skryf oor ‘n verhaal wat iewers tussen 1937 en 1943 in een van drie publikasies verskyn het, Die Lig, die Huisvrou of die Taalgenoot. Die knipsel is deur Chris se pa in ‘n plakboek vasgegom, en hy kon dit nie loswikkel om te stuur nie. Daarom skryf hy dit woord vir woord, soos dit uit die pen gekom het van ene Willie Colling van Clairwood, naby Durban.

“Ek het op Glencoe-stasie, ‘n paar jare terug ‘n boklam gekry wat deur ‘n trein vermorsel was. Die koppie en voorpote het tussen die spore gelê en die agterlyfie buitekant die spoor. Ag foeitog.

“Die ongelukkige moeder het aanhoudend geblêr en gehuil oor haar kindjie. Eers lek sy aan die een stukkende stuk van die lyfie, dan weer aan die ander stukkie, maar selfs dit kon haar nie troos nie.

“Ek het toe die twee stukkies van die lammetjie opgetel, en ‘n end van die spoor af weg op ‘n veiliger plek neergelê daar ek gevrees het dat die stomme ma ook dalk deur die trein doodgetrap sal word, want sy was blind van liefde en hartseer.

“Toe ek die stukkies wegdra het sy onder my wou inkruip, en vreeslik tekere gegaan. Toe ek die stukkies neerlê lek sy eers elke partjie, kry so ‘n wilde gier en storm terug na die bloedkol tussen die spoor, val vooroor op haar knieë en byt daardie grond. Daar in die vroeë ure van ‘n September-môre in die lig van my lamp was die toneel voor my, die van ‘n moeder in smart, en tog wat ek gesien het maar ‘n skrefie om deur te loer in die kamer van ‘n ma se hart.

“Ek het weggestap, maar ‘n tydjie daarna weer gaan kyk met die bedoeling om die dier te verdryf voor sy ook onder die trein inspring, en wat moes ek sien? Sy is ook doodgetrap op die plek waar haar liefste se bloedvlek lê. “Sy het by haar lam gestaan en blêr weg van die spoor, en toe die trein weer aankom, blind van moederliefde geword, weer na die bloedkol gehardloop en is deur die trein doodgetrap.

“Dit is is min of meer hoe moederliefde is. Ons sal nooit reg verstaan hoe moederliefde is nie, nee. Nie voor ons self ‘n moeder is nie.”

Chris skryf oor ‘n verhaal wat
iewers tussen 1937 en 1943 in een van drie publikasies verskyn het, Die Lig, die Huisvrou of die
Taalgenoot

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.