Trots van Suidkus-gemeenskap

2016-08-11 06:00
Dezzi en Louise Gutzeit...'n baie besonderse egpaar wat 'n reuse-bydrae tot die ontwikkeling en vooruitgang van die Suidkus gelewer het.  Foto: johan pretorius

Dezzi en Louise Gutzeit...'n baie besonderse egpaar wat 'n reuse-bydrae tot die ontwikkeling en vooruitgang van die Suidkus gelewer het. Foto: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AS daar ‘n gesin op die Suidkus is wat baie, baie tevrede kan wees op wat hulle in die lewe bereik het, is dit Louise en Des Gutzeit van Oslo Beach, en hul vyf kinders. Hulle bedryf die uiters suksesvolle en unieke Dezzi-fabriek wat grondverskuiwing-toerusting vervaardig, die enigste in sy soort in Suid-Afrika, is voltyds betrokke by verskillende soorte motorsport, maar veral belangrik, lewer ‘n onskatbare gemeenskapsdien. Van hul kinders is direkteure in die maatskappy, en die Gutzeitkroos het in hul eie reg groot hoogtes in verskeie sportsoorte en op ander gebiede bereik.

Tussen die vyf kinders is daar drie Springbokke - Carl (37) is ‘n Springbok Baars-hengelaar, Jade (39), Enduro-motorfietse, en Blake (29), Veldrenne. Die 32-jarige Shane is ‘n bekende in drifting-renkompeitisies. Hul dogter Clair (29), en haar gesin woon in Parys, Frankryk. Bg. is inderwaarheid ‘n onderbeklemtoning van hul prestasies want behalwe die Springbok-kleure, het hulle individuele prestasies in verskeie ander sportsoorte.

Die Dezzi-fabriek het oor die jare van krag tot krag gegaan. Dit is ‘n groot onderneming wat die hele gebied van die Kaap tot die Demokratiese Republiek van die Kongo bedien, en 150 hoogs-gekwalifiseerde mense in diens het, van hulle van die ontstaan van die onderneming af. Die Dezzi-fabriek bestaan sedert 1995, en vervaardig 17 verskillende modelle.

Des se groot liefde is motorrenne in alle verskillende formate. Hy het vroeg in sy lewe daarin begin belangstel, en het oor die jare heen met groot sukses deelgeneem aan die Westbank V8-renne landwyd, sy naam is sinoniem met die sg. “hillclimb”-renne, en dan natuurlik ‘drifting’, ‘n sportsoort waarvan hy eintlik die “Big Daddy” is. Die baan op sy uitgebreide eiendom in Oslo Beach is die hoofkwartier van drifting in Suid-Afrika.
Hy het hierdie baan, wat aan al die nodige regulasies en spesifikasies voldoen, self gebou en gefinansier. Dit is op die oomblik een van die grootste trekpleisters aan die Suidkus vir verskeie soorte aktiwiteite wat ‘n wye spektrum mense van die gemeenskap betrek. Dit word uitgehuur aan organisasies landwyd wat die vir verskeie funksies en geleenthede gebruik. ‘n Vliegtuig-aanloopbaan is deel van die uitleg. Ugu-toerisme ag die baan so belangrik dat daar ‘n vennootskaps-ooreenkoms bereik is, en die baan nou bekend staan as die Dezzi South Coast Raceway.

Waar het dit alles begin? Ten spyte van die Gutzeit’s se sukses, is dit nie maklik om inligting uit hulle te kry nie. Die uwe ken hulle reeds meer as 15 jaar. Hul voete is plat op die grond. Die egpaar praat nie maklik oor hulself nie. Doodgewone maar besonderse en innemende mense.

Des is in 1964 op Port Shepstone gebore, die seun van ‘n pa met ‘n Duitse immigrante-oupa, en ‘n Afrikaanssprekende nooi Erasmus. Dit verklaar sy perfekte Afrikaans.
“Ek het op 15 jaar besluit om Port Shepstone High School te los, en ‘n motor-werktuigkundige te word. Ongelukkig het my werkgewer my na twee jaar ‘gefire’.”
Ek vra waarom. “Ek was ‘useless’,” kom die antwoord.

Des het hierna ‘n vervoerbesigheid begin voordat hy sy twee jaar weermagdiens gedoen het. Ná die weermagtyd het hy sy vervoer-onderneming Dezzi’s Transport hervat, en stadig maar seker uitgebou.

In die vroeë negentigerjare ontmoet hy Louise Venter, vier jaar jonger as hy en ‘n oud-leerling van die Hoërskool Suid-Natal. Kort voor lank is hulle getroud, en was dit die begin van die uiters suksesvolle vennootskap tussen die twee. Die voor-die-hand-liggende vraag is: “Hoe op aarde het julle bereik wat julle bereik het? Druk besige en uiters suksesvolle sakemense, met vyf kinders om groot te maak?”
Sowel Louise as Des erken onmiddellik dit was nie maklik nie.
“Ons was geseënd met toegewyde personeel- en familielede,” antwoord Louise, “en sonder die steun van ons ouers sou ons dit nie kon doen nie.”
Des voeg by daar was geen oornag-sukses nie. “Louise was my groot steunpilaar oor die jare, asook die kinders. Saam het ons ons gesins-ondernemings opgebou, met die hulp van ons personeel.”
Louise sê sy en Des en die kinders het mekaar perfek gekomplementeer. “Ons eie gesin moes egter baie opofferings maak, en ons albei het baie hard saam gewerk.”

Albei maak geen geheim daarvan dat hulle van ‘n Hoër Hand afhanklik is nie. Louise steun swaar op haar geloof in God in haar alledaagse lewe, en Dezzi sê hy is “diep dankbaar dat daar ‘n anker in sy lewe is, want sonder die geloof in en seëninge van God sou die Gutzeitgesin nie kon vermag wat hulle het nie”.

Dis ooglopend dat Des en Louise Gutzeit uiters welvarende mense is. Baie eiendomme, voertuie, vliegtuie en ander duur dinge van die lewe.
Maar dis net so ooglopend hierdie dinge tel nie veel behalwe as middele tot ‘n doel nie. Albei maak geen geheim daarvan hul hoofdoel in die lewe is om hul gemeenskap te dien, en dat gemeenskapsdiens hul nalatenskap moet wees nie.

Dit was ‘n groot plesier om by die Gutzeits te kuier.
Baie min gemeenskappe in Suid-Afrika het die voorreg om sulke uitsonderlike, “down-to-earth”-mense in hul midde te hê.
Die Suidkus kan met reg trots wees op hulle.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.