Twee mossies vir ‘n sent?

2015-12-03 06:00

UIT die verskrikking van die Anglo Boereoorlog en die lyding van duisende vroue en kinders in die konsentrasiekampe is ‘n droom gebore. ‘n Groep vroue het Matteus 10:29 as oorlewingsleuse gekies: Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder (die wil van) julle (Hemelse) Vader nie. Die woorde die wil van, kom nie in die oorspronklike taal voor nie.

Die vroue het hulle daarvoor beywer dat die voëltjie op die land se kleinste muntstuk aangebring word. Dit sou hulle geloofsbelydenis wees. Later sou dit op die een sent muntstuk verskyn. Ek dink die vroue in die konsentrasiekampe wou hiermee sê dat hulle bely dat as God selfs vir ‘n onbenullige voëltjie omgee, Sy kinders nie bang hoef te wees dat God hulle sal vergeet nie. Hy gee vir onbenullige dinge soos mossies om, hoeveel te meer nie vir die wat met die kosbare bloed van Jesus Christus vrygekoop is nie.

God weet persoonlik van jou. By God is jy meer as ? nommer! By Hom is jy ? naam. Jou naam is in Sy handpalm geskryf (Jes. 49:16) sodat Hy nooit van jou kan vergeet nie. God is nie aandadig aan die kwaad in die wêreld nie.

Hy word ook nie onkant betrap daardeur nie. Daar gebeur baie dinge wat teen Sy wil is. Die troos van die mossies wat deur God versorg word is dit: “God vergeet ons nie. Hy gee vir ons om.” Iemand het op ? keer geskryf: “Vrees het aan die deur geklop. Toe geloof dit oopmaak, was niemand toe daar nie.”

Geloof weet: “Hy wat aan my kant is, is baie groter en sterker as hulle wat teen my kan wees.” Boonop sorg Hy vir my, want Hy is regtig lief vir my.” Niks gebeur sonder God nie. Onthou dit as jy worstel met onbeantwoorde vrae in jou lewe.

Hy is daar as jy sit en as jy opstaan-ja, ook as jy op die grond val soos die mossie.

UIT die verskrikking van die Anglo Boereoorlog en die lyding van duisende vroue en kinders in die konsentrasiekampe is ‘n droom gebore. ‘n Groep vroue het Matteus 10:29 as oorlewingsleuse gekies: Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder (die wil van) julle (Hemelse) Vader nie. Die woorde die wil van, kom nie in die oorspronklike taal voor nie.

Die vroue het hulle daarvoor beywer dat die voëltjie op die land se kleinste muntstuk aangebring word. Dit sou hulle geloofsbelydenis wees. Later sou dit op die een sent muntstuk verskyn. Ek dink die vroue in die konsentrasiekampe wou hiermee sê dat hulle bely dat as God selfs vir ‘n onbenullige voëltjie omgee, Sy kinders nie bang hoef te wees dat God hulle sal vergeet nie. Hy gee vir onbenullige dinge soos mossies om, hoeveel te meer nie vir die wat met die kosbare bloed van Jesus Christus vrygekoop is nie.

God weet persoonlik van jou. By God is jy meer as ? nommer! By Hom is jy ? naam. Jou naam is in Sy handpalm geskryf (Jes. 49:16) sodat Hy nooit van jou kan vergeet nie. God is nie aandadig aan die kwaad in die wêreld nie. Hy word ook nie onkant betrap daardeur nie. Daar gebeur baie dinge wat teen Sy wil is. Die troos van die mossies wat deur God versorg word is dit: “God vergeet ons nie. Hy gee vir ons om.” Iemand het op ? keer geskryf: “Vrees het aan die deur geklop. Toe geloof dit oopmaak, was niemand toe daar nie.”

Geloof weet: “Hy wat aan my kant is, is baie groter en sterker as hulle wat teen my kan wees.” Boonop sorg Hy vir my, want Hy is regtig lief vir my.” Niks gebeur sonder God nie. Onthou dit as jy worstel met onbeantwoorde vrae in jou lewe. Hy is daar as jy sit en as jy opstaan-ja, ook as jy op die grond val soos die mossie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.