Ugu se ‘Meneer Toerisme’ - ‘n baie veelsydige mens

2017-03-02 06:01
 Foto: johan pretoriusJustin Mackrory.

Foto: johan pretoriusJustin Mackrory.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

 

DIE naam Justin Mackrory klink amper soos die naam van ‘n bekende Skotse gholfspeler op die wêreld se gholfbane of dalk die huidige losskakel in die Skotse Sewenasies-rugbyspan. Of as Skotland dalk ‘n mededingende internasionale krieketspan gehad het, die veelsydige speler wat uitstaan bo die ander.

Maar dit is nie die geval nie. Justin Mackrory is reeds sedert 2013 die Hoof-uitvoerende beampte van die plaaslike toerisme-liggaam, bekend as Ugu South Coast Tourism. Een van die redes waarom die uwe besluit het om by Mackrory besoek af te lê, is die feit dat hy vlot Afrikaans praat, wat nogal ongewoon is vir iemand met so ‘n Skotse naam, wat in Durban gebore en getoeë is, en die grootste deel van sy lewe in KZN en vyf jaar in Brittanje gewoon het.

Die vraag was dus ooglopend: waar het jy so goed leer Afrikaans praat? “Baie eenvoudig,” antwoord Mackrory.

“Ek was vyf jaar op Maties waar ek ‘n BA-graad in liggaamlike opvoeding, sportwetenskap en geografie behaal het. Daar het ek vir die eerste span krieket gespeel, die onder 23 WP-span gehaal as ‘n top-orde kolwer en medium vinnige bouler.”

Dit verklaar nie net sy vermoë om Afrikaans te praat nie, maar ook waarom sy naam ‘n “sportiewe” klank het.

Mackrory sê hy is wel deeglik bewus van die baie Afrikaanssprekendes wat hier woonagtig is, en ook die groot getal Afrikaanssprekende besoekers in vakansietye. “Hulle bydrae tot toerisme aan die Suidkus is enorm.”

Mackrory (59), wie se oupa-grootjie uit Skotland hierheen gekom het as ‘n saalmaker, het in Durban skoolgegaan waar hy in sy hoërskooljaar “Head of House and School Prefect” was. Hy het in 1976 sy dienspligjaar by die Polisiekollege in Pretoria voltooi. Weens sy sport-talente het hy ‘n studiebeurs gekry, wat hom op Stellenbosch laat beland het. Ná sy studies het hy vyf jaar lank in Pietermaritzburg skoolgehou, steeds krieket gespeel en selfs die destydse Natal se Castlebekerspan gehaal. “Net een keer, nie te goed gedoen nie, maar ek is trots daarop,” sê hy. Hierna was hy vyf jaar lank in Engeland, waar hy ook krieket in die graafskappe Hampshire, Sussex gespeel en lid was van die destydse MCC.

Met sy terugkoms het hy en vennote, onder wie die bekende Pat Symcox, ‘n Korporatiewe Sportbestuur-agentskap gestig wat verskeie sportmense, onder wie Penny Heyns, se belange behartig het. Daarna het hy as lid van die direksie aangebly, is hy Johannesburg toe, daarna weer twee jaar lank op Stellenbosch waar hy ‘n Toerisme en Ontspannings-Konsultantskap gestig het, en onder meer ‘n oorkoepelende toerismeplan vir Stellenbosch ontwerp het.

Terug in Pietermaritzburg het hy die konsultantwerk in sy eie onderneming voortgesit, en was hy betrokke by hoëvlak-toerismebeplanning vir die SADEK-lande, en veral Swaziland en Lesotho. Dit is gevolg deur ‘n kontrak om die Maloti-Drakensberg -oorgrensprogram namens Suid-Afrika en Lesotho te bestuur. Hy is hierna in sy huidige pos aangestel. Sy permanente woning is nog steeds in Hilton, en gaan naweke wanneer hy nie verpligtinge het nie, soontoe. In die week bly hy in Uvongo.

Mackrory is getroud met Veryll, ‘n nooi Van der Westhuizen, verbonde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, met bekende politici onder haar voorvaders. Hulle het saam vyf kinders, vier seuns, van wie drie in ‘n stadium in die Britse weermag was, (die vierde is ‘n marine-ingenieur), en een dogter.

Behalwe golf, speel hy deesdae nog tennis, waarvoor hy op die ouderdom van 45 provinsiale kleure verwerf het. Wat is Mackrory se lewensfilosofie?

“Ek probeer om my nie met beuselagtighede besig te hou nie. Ek assosieer myself met mense wat probleme oplos, en nie probleme skep nie. Ek het ‘n breë lewensbeskouing... in Engels noem ons dit “open-minded.” Mackrory sê hy is ontsettend bly en bevoorreg om deel van die Afrika-diaspora te wees.

“Ek geniet die onvoorspelbaarheid, en die avontuur. Om elke draai is daar ‘n nuwe ervaring. Ek is veral lief vir die Suidkus en sy unieke lewensstyl.”

Hoewel Mackrory baie in die openbare oog is en toesprake moet maak, verkies hy ‘n stil, private lewenswyse. “Ek hou egter van lees, gholf en tennis, en ek wil nog ‘n hele paar boeke skryf.” Twee plekke op sy “bucket list” om te besoek is die Okavango-moerasse en Kuba.

Wat verpes hy? “Onlogiese voorskriftelikheid.”

‘n Aangename, wellewende, uiters veelsydige en sportiewe mens, met ‘n passie vir toerisme, wat ‘n vol lewe gehad het, steeds sy lewe geniet, en ooglopend nog baie dinge vir die toekoms beplan.

DIE naam Justin Mackrory klink amper soos die naam van ‘n bekende Skotse gholfspeler op die wêreld se gholfbane of dalk die huidige losskakel in die Skotse Sewenasies-rugbyspan. Of as Skotland dalk ‘n mededingende internasionale krieketspan gehad het, die veelsydige speler wat uitstaan bo die ander.

Maar dit is nie die geval nie. Justin Mackrory is reeds sedert 2013 die Hoof-uitvoerende beampte van die plaaslike toerisme-liggaam, bekend as Ugu South Coast Tourism. Een van die redes waarom die uwe besluit het om by Justin besoek af te lê, is die feit dat hy vlot Afrikaans praat, wat nogal ongewoon is vir iemand met so ‘n Skotse naam, wat in Durban gebore en getoeë is, en die grootste deel van sy lewe in KZN en vyf jaar in Brittanje gewoon het.

Die vraag was dus ooglopend: waar het jy so goed leer Afrikaans praat? ‘Baie eenvoudig,’ antwoord Justin. “Ek was vyf jaar op Maties waar ek ‘n BA-graad in Liggaamlike Opvoeding, Sportwetenskap en Geografie behaal het. Daar het ek vir die eerste span krieket gespeel, die onder 23 WP-span gehaal as ‘n top-orde kolwer en medium vinnige bouler.’ Dit verklaar nie net sy vermoë om Afrikaans te praat nie, maar ook waarom sy naam ‘n ‘sportiewe’ klank het. Justin sê hy is wel deeglik bewus van die baie Afrikaanssprekendes wat hier woonagtig is, en ook die groot getal Afrikaanssprekende besoekers in vakansietye. ‘Hulle bydrae tot toerisme aan die Suidkus is enorm.”

Justin (59), wie se oupa-grootjie uit Skotland hierheen gekom het as ‘n saalmaker, het in Durban skoolgegaan waar hy in sy hoërskooljaar “Head of House and School Prefect” was. Hy het in 1976 sy dienspligjaar by die Polisiekollege in Pretoria voltooi. Weens sy sport-talente het hy ‘n studiebeurs gekry, wat hom op Stellenbosch laat beland het. Ná sy studies het hy vyf jaar lank in Pietermaritzburg skoolgehou, steeds krieket gespeel en selfs die destydse Natal se Castlebekerspan gehaal. “Net een keer, nie te goed gedoen nie, maar ek is trots daarop,” sê Justin. Hierna was hy vyf jaar lank in Engeland, waar hy ook krieket in die graafskappe Hampshire, Sussex gespeel en lid was van die destydse MCC.

Met sy terugkoms het hy en vennote, onder wie die bekende Pat Symcox, ‘n Korporatiewe Sportbestuur-agentskap gestig wat verskeie sportmense, onder wie Penny Heyns, se belange behartig het. Daarna het hy as lid van die direksie aangebly, is hy Johannesburg toe, daarna weer twee jaar lank op Stellenbosch waar hy ‘n Toerisme en Ontspannings-Konsultantskap gestig het, en onder meer ‘n oorkoepelende toerismeplan vir Stellenbosch ontwerp het.

Terug in Pietermaritzburg het hy die konsultantwerk in sy eie onderneming voortgesit, en was hy betrokke by hoëvlak-toerismebeplanning vir die SADEK-lande, en veral Swaziland en Lesotho. Dit is gevolg deur ‘n kontrak om die Maloti-Drakensberg -oorgrensprogram namens Suid-Afrika en Lesotho te bestuur. Hy is hierna in sy huidige pos aangestel. Sy permanente woning is nog steeds in Hilton, en gaan naweke wanneer hy nie verpligtinge het nie, soontoe. In die week bly hy in Uvongo, .

Justin is getroud met Veryll, ‘n nooi Van der Westhuizen, verbonde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, met bekende politici onder haar voorvaders. Hulle het saam vyf kinders, vier seuns, van wie drie in ‘n stadium in die Britse weermag was, (die vierde is ‘n marine-ingenieur), en een dogter.

Behalwe golf, speel hy deesdae nog tennis, waarvoor hy op die ouderdom van 45 provinsiale kleure verwerf het. Wat is Justin se lewensfilosofie? ‘Ek probeer om my nie met beuselagtighede besig te hou nie. Ek assosieer myself met mense wat probleme oplos, en nie probleme skep nie. Ek het ‘n breë lewensbeskouing... in Engels noem ons dit “open-minded.” Justin sê hy is ontsettend bly en bevoorreg om deel van die Afrika-diaspora te wees. “Ek geniet die onvoorspelbaarheid, en die avontuur. Om elke draai is daar ‘n nuwe ervaring. Ek is veral lief vir die Suidkus en sy unieke lewensstyl.”

Hoewel Justin baie in die openbare oog is en toesprake moet maak, verkies hy ‘n stil, private lewenswyse. “Ek hou egter van lees, gholf en tennis, en ek wil nog ‘n hele paar boeke skryf.” Twee plekke op sy “bucket list” om te besoek is die Okavango-moerasse en Kuba.’ Wat verpes hy? “Onlogiese voorskriftelikheid.”

‘n Aangename, wellewende, uiters veelsydige en sportiewe mens, met ‘n passie vir toerisme, wat ‘n vol lewe gehad het, steeds sy lewe geniet, en ooglopend nog baie dinge vir die toekoms beplan.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Does your dog have separation anxiety?

We've got tips, advice and how to help your dog

 
 

Paws

Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.