Varke agter stuurwiele

2016-07-07 06:00

JY voel letterlik hoe jou bloeddruk styg en die are in jou nek swel. Die padvark (altans in jou beoordeling van hom) gaan jou mos afsny. Hy ry mos nou aspris stadig hier voor jou.
“Kyk hoe kruip hy,” skreeu jy vir jou vrou. Navorsing toon dat die helfte van alle bestuurders die een of ander tyd ‘n vorm van padwoede ervaar het.

Dis alles reg en wel as die verkeersdruk normaal is, maar boeta, wag net todat die vakansieseisoen aanbreek, soos nou hier op die Suidkus.

Dan sien jy hoe die stresvlakke styg. Sommige geleerdes reken dat iemand wat padwoede openbaar, ander onverwerkte woede in sy of haar sisteem saamdra. Dit kan ook doodeenvoudig wees dat jy ‘n slegte nag of dag gehad het, en hierdie ou wat voor jou indruk was dalk net die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het, by wyse van spreke.

Is dit vergesog om te vermoed dat onderliggend aan al hierdie probleme, ‘n persepsie of siening is dat ander mense of omstandighede verantwoordelik is vir my geluk? Ons is geneig om nie verantwoordelikheid vir ons eie foute te neem nie. Dis my man of my vrou wat my irriteer, of die ander bestuurder, of die ellendige klerk daar in die kantoor.

Dit laat my dink aan wat ek eenmaal gehoor het: “As jy ‘n klip in ‘n bos gooi en daar kom ‘n slang uit, waar was die slang die heeltyd?” Ons moet nooit vergeet dat ons self verantwoordelik is vir die skade wat ons ongeduld aan ander doen nie.

Dalk vergeet ons hoe geduldig en lankmoedig die Here met ons is. Hy verdra ons opstand want Hy wil hê dat ons tot bekering kom. 1 Korintiërs 13:7 sê immers dat die liefde alles verdra. Die liefde kan ook met ‘n hoofletter geskryf word en na Christus Jesus verwys.

Kom ons bid vir meer geduld en toon ook meer geduld, soos die Here in wie ons glo. Dan sal ons dalk minder varke agter stuurwiele sien en verantwoordelikheid neem vir ons eie bestuursgewoontes.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.