Verandering

2016-09-15 06:00

VERANDERING, in ons dag, vind teen ‘n geweldige tempo plaas. Op Facebook is daar gereeld inskrywings met opmerkings soos: “Onthou jy nog die dae toe petrol soveel per liter was, of vleis soveel per kilogram?” Op tegnologiese gebied, veral met driedimensionele drukkers wat nou mode word, word gereken dat selfs menslike organe in die toekoms gedruk sal kan word. Verandering was nog altyd deel van ons wêreld, dis net dat die frekwensie en spoed van verandering versnel.

Daar is selfs mense wat praat van “toekomsskok” wat deur verandering veroorsaak word en kan aanleiding gee tot gevoelens van hulpeloosheid. Verandering is die een konstante wat ons nie kan wegwens of wegpraat nie.

Die Bybel, met name 2 Korintiërs 5:17, praat ook oor verandering.

“Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” Die grootste verandering is wanneer mens nuut gemaak is, wanneer jy innerlik nuut geword het. Van nature is ons almal selfsugtig ingestel.

Ons geneigdheid is om vir onsself te leef. ‘n Christen is iemand met ‘n nuwe geaardheid en ingesteldheid. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Christus in ons, gee aan ons lewens nuwe sin. Hy lei jou op ‘n weg waar Hy voortdurend jou denke vernuwe. (Kyk Romeine 12:1 en 2). God laat jou anders kyk na die politiek, na die ekonomie, na jou medemens. Jy behoort aan Christus en jy sien nou met Sy hart en luister met Sy ore en beoordeel mense en situasies vanuit hierdie nuwe perspektief.

Verandering is nie maklik nie. Dit kan lei tot onsekerheid en angs. Christenskap en verandering gaan hand aan hand. Dit was byvoorbeeld Christene wat meegewerk het aan die afskaffing van slawerny. Dit is Christene wat deur die krag van die Heilige Gees ook die uitdagings in ons land en gemeenskap kan aanpak. Christene berus nie in wat oud en uitgedien is nie. Hulle soek saam na nuwe antwoorde vir ‘n nuwe tyd. Wat is daar in jou en my lewe, ons werk of omgewing wat nuut moet word?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

2016-09-25 00:00

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.