Verandering

2017-08-24 06:00

MENSE reageer verskillend op verandering en beleef dit ook verskillend. Jy kry mense wat vinnig inkoop op verandering, ander neem weer tyd voor hulle verander, ander weer sal heel laaste op ‘n nuwe saak inkoop, en sommige mense skop uit gewoonte was teen verandering. Helaas, net so min as wat die paddavis kan keer dat hy nie in ‘n padda verander nie, kan verandering gekeer word. Kyk maar net na jou troualbum. Dis nie dieselfde jy op daardie foto veertig jaar later nie. Wanneer verander mense? Partykeer is dit net die gewaarwording dat iets nie reg is nie. Daar is ‘n vae gevoel van ongemak oor sake.

Soms kan verandering radikaal kom, soos met ‘n revolusie. Daar is mense wat hoeka beweer dat Suid Afrika op ‘n kruitvat sit, vanweë die groot kloof tussen arm en ryk. Verandering word nie altyd maklik aanvaar nie, veral as jy die een is wat moet aanpas. Dan hoor mens mense sê: “Maar ons het dit nog altyd sus of so gedoen?”

Ongelukkig kry mens in sisteme soos families, kerke, gemeenskappe, of selfs by ‘n hele samelewing dat dinge vasgeloop raak. Dit is wanneer jy alles probeer het, maar dinge gaan net agteruit. Dis helaas ook hoekom dinge nie verander nie.

Jesus sê in Matteus 9: 16 dat mens nie ou klere lap met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder. Jesus Christus bring nie restourasie nie, maar redding, nie die opknapping van die ou orde nie, maar die skenking van die nuwe.

Hy vul ons harte met die nuwe wyn van redding uit genade, van herstelde lewens, van ‘n nuwe begin. Hy vervul ons met die nuwe wyn van Sy Heilige Gees. Bevind jy jou vandag in ‘n vasgeloopte situasie, of gemeente of verhouding?

Onthou dat as enigiets ophou groei, sterf dit. Niks bly soos dit is nie. Moet egter nie probeer om nuwe wyn in ‘n ou sak te gooi nie. Dit sal skeur. Kosmetiese verandering werk nooit nie. Gemeenskappe of kerke en veral mense moet nuut word, weergebore word. Onthou net, verandering begin by my.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.