Vlieëniers deur laserstrale geteister

2016-06-16 06:00
 Fotos: Verskaf Die groen laserstraal-toestel wat algemeen beskikbaar is.

Fotos: Verskaf Die groen laserstraal-toestel wat algemeen beskikbaar is.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VLIEËNIERS van die lugdiens CemAir het onlangs kommerwekkende ervarings gehad - kort na opstyging van die Margate-lughawe af is lasterstrale op hul vliegtuie gemik, en is van hulle tydelik verblind.
‘n Woordvoerder van CemAir sê vlieëniers kan die plek waarvandaan die strale kom, identifiseer, en alles dui daarop die oorsprong is Port Shepstone. Die lugdiens het die saak by die Burgerlugvaart-owerheid en die polisie aangegee, en indien dit weer gebeur, sal alles moontlik gedoen word om die presiese plek waarvandaan die strale kom, vas te stel. Die nodige stappe sal dan gedoen word om die skuldiges aan die pen te laat ry.

CemAir het ‘n beroep op ouers gedoen om hul kinders in te lig oor die gevare wat laserstrale vir vliegtuie inhou, sodat vervolging van die kinders (en hul ouers) verhoed kan word.
Indien enigiemand inligting het oor mense wat laserstrale op vliegtuie rig, kan dit aangemeld word by enforcement@caa.co.za Ingevolge regulasies van die Burgverlugvaartwet van 2009 is dit onwettig om enige ligstraal, of ander energiebron op ‘n vliegtuig te rig, en oortredings is trafbaar met ‘n boete, of gevangenisstraf tot ‘n maksimum van tien jaar, of albei.

Laserstrale, veral van die groen soort, is uiters gevaarlik indien dit deur mense op die grond op vliegtuie gerig word, veral wanneer die vliegtuig gereed maak om te land, land of opstyg. Hierdie stadiums van ‘n vlug vereis intense konsentrasie van vlieëniers, en indien hulle verblind word, al is dit net tydelik, kan dit noodlottige gevolge hê. ‘n Vlieënier van British Airways is onlangs verblind toe ‘n laserstraal ‘van militêre sterkte’ op sy vliegtuig gerig is. Die retina van sy regteroog is beskadig, en volgens die Britse Vlieëniersvereniging het die vlieënier nog nie teruggekeer werk toe nie.
Die vlieëniersvereniging sê hy het vasgestel dat een uit elke twee van sy vlieëniers die afgelope 12 maande in vliegtuie was waarop lasers gerig is. Ook dat daar oor die afgelope vier jaar ‘n gemiddeld van vier tot vyf sulke insidente per dag was.

Lasers is deesdae vryelik op die internet beskikbaar, en teen baie lae pryse, anders as in die verlede. Van die lasers is relatief swak en kan geen fisiese skade aanrig nie, word deur meesal kinders gebruik, maar kan nogtans in sekere omstandighede die oordeel van vlieëniers sodanig belemmer dat dit ‘n wesenlike gevaar skep. Daar is egter nou militêre lasers beskikbaar, meesal op die swartmark, en dis ‘n groot kommer vir vlieëniers.
Twintig jaar gelede het ‘n groen laser, wat baie kragtig is en byvoorbeeld gebruik word om sterre aan die naghemel uit te wys, meer as ‘n miljoen rand gekos. Destyds het so ‘n laser ‘n hele eetkamertafel volgestaan, en vandag kos ‘n groen laser so groot soos ‘n balpuntpen minder as R300. Die infrarooi-strale van hierdie lasers is uiters gevaarlik, en die mense wat hulle hanteer, is nie bewus daarvan nie. Sowel mens as dier kan ernstige oogskade opdoen indien hierdie lasers onverantwoordelik gebruik word.

Dit lyk dus asof CemAir nou te doen gekry het met ‘n uiters gevaarlike tendens wat reeds geruime tyd in die buiteland bestaan, en wat in die kiem gesmoor sal moet word om groot probleme te voorkom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.