Wanneer is dit ‘n openbare toilet en wanneer nie?

2017-05-18 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JOHAN PRETORIUS

VERLEDE naweek het die sosiale media gegons oor ‘n buitengewone voorval in Durban. ‘n Man en sy vrou was op ‘n wandeling, en het by ‘n restaurant ingegaan om die toilette te gebruik.

Toe hulle weer buitentoe gaan, het die restaurant-eienaar hulle teruggeroep en aan hulle ‘n rekening vir R20 elk oorhandig vir die gebruik van die toilette. Hoe meer hulle geprotesteer het, hoe meer beslis was die eienaar.

Hy het hulle aandag gevestig op die kennisgewing voor sy restaurant, met die woorde: “Toilets are for restaurant customers only. Buying just drinks will not qualify you to use these toilets. Therefore it is unlawful, dishonest, theft, haraam to use this facility without permission. Service charge of R20 per person payable at the counter. This is not a public toilet.”

Die man en sy vrou het teësinnig betaal, maar onmiddellik daarna ‘n debat op die sosiale media begin en die restaurant-eienaar uitgekryt vir alles wat sleg is. Kommentare het heen en weer gevlieg: talle mense het met die man saamgestem, maar netsoveel was aan die kant van die restaurant-eienaar. Sy standpunt was dat sy restaurant private eiendom is, en die toilette is tot die beskikking van die eienaars en hul gaste, en die personeel. Daarom het hy die kennisgewing daar geplaas. Hy gee nie om indien mense wat nie besoekers aan sy restaurant is nie, die toilette gebruik nie, maar dan moet hulle betaal. Die geld word gebruik om die koste van skoonmakers, water en elektrisiteit te dek. Daar is openbare toilette in die omgewing, het hy gesê, en mense kan dit gebruik.

Daarbenewens, het die eienaar gesê, het die man en vrou vroeër in ‘n ander restaurant geëet, en kon daardie toilette gebruik het. “Mense kom hier in, koop ‘n bottel water teen R10 en dan wil vier van hulle toilet toe gaan. Dis mos belaglik.” Die twee besoekers was egter erg verontwaardig, en het die restaurant-eienaar erg verguis. Hy het hom egter nie daaraan gesteur nie. Ander restaurante, sommige van hulle hier aan die Suidkus, het almal met die Durbanse sakeman saamgestem. Hulle weier dat mense instap en hul toilette gebruik, want sodra dit toegelaat word, is daar ‘n toestroming wat moeilik gekeer word.

Die restaurant op Margate se strandfront het ‘n besondere probleem, want dit gebeur gereeld dat die munisipale toilette buite werking of oorvol is, met die gevolg dat die mense op die vol strande sommer daar instap en die toilette gebruik. Hulle ‘n streng beleid daarteen. Die uwe weet ook van gevalle waar mense by sake-ondernemings soos drankwinkels instap en vra of hulle die toilette kan gebruik. Die meeste van die eienaars hanteer die gevalle op meriete, maar die oorgrote meerderheid laat dit nie toe nie.

Nou ontstaan die vraag. Wat gebeur indien iemand, dalk ‘n kind, ‘n skielike nood kry en dringend toilet toe moet gaan. Moet hulle dan, soos baie van ons mede-burgers, sommer langs die pad hul ding doen, of die naaste toilet opsoek?

Nogal ‘n moeilike vraag, maar die logiese oplossing is wat die Durbanse restaurant-eienaar doen. Laat die mense toe, maar hulle moet betaal. Die kansvatters sal klagtes hê, of selfs openbare toilette soek, maar dié met ‘n egte noodgeval sal nie omgee om ‘n bedrag soos R20 per persoon te betaal nie.

Dis immers baie goedkoper (en geriefliker) as om met besoedelde klere huis toe te gaan. Die bewoording van die ou “Wet van Transvaal” kan dan verander word van “&*!... of betaal” tot “&*!... EN betaal.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.