Water – die dryfkrag van die hele natuur

2017-04-06 06:02
Dis hoe miljoene mense in Sub-Sahara Afrika daagliks hul water kry.        Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE legendariese Renaissance skilder, beeldhouer en wetenskaplike, Leonardo da Vinci, het baie jare voordat mense soos Isaac Newton navorsing oor die siklus van water op aarde begin doen het, reeds besef dat water herhaaldelik deur ‘n siklus gaan van reën, riviere, die see, verdamping en dan weer reën.

Daarom het hy onomwonde verklaar “water is die dryfkrag van die hele natuur,” lank voordat die mensdom besef het hoe waar hierdie eenvoudige stelling is.

Die wêreld van vandag besef alhoe meer hoe belangrik water is, so belangrik dat wêreldleiers vermoed daar steek dalk waarheid in die stelling dat die volgende wêreld-oorlog nie oor grondgebied sal ontstaan nie, maar oor water.

Hier by ons aan die Hibiskuskus is die belangrikheid van toegang tot water opnuut beklemtoon toe die ANC en die DA mekaar verlede week in ‘n bekgeveg in die Ugu Distrik-stadsraadvergadering aangevat het.

Harde woorde het geval na aanleiding van wat die DA bestempel as die onvermoë van die ANC-beheerde stadsraad om te verseker dat water-voorsieningsonderbrekings nie gereeld voorkom nie. Die DA het vroeër deur middel van ‘n optog en memorandum sy misnoeë te kenne gegee, en in die raad verklaar die mense van Ugu is moeg vir die munisipaliteit se onbevoegdheid.

Op sy beurt het die ANC die DA aangevat omdat hy namens die mense van Ugu praat pleks van homself. Die ANC se argument was hoewel daar ernstige water-onderbrekings in sekere gebiede was en nog steeds voorkom, is daar talle voorheen-benadeelde inwoners van Ugu wat nou toegang tot lopende water het danksy die ANC.

Die DA moet dus besef hy redeneer dus namens ontevrede voorheen begunstigdes en nie namens gelukkige voorheen benadeeldes nie, wat op die oomblik by verre in die meerderheid is, omdat Ugu gfesorg het dat hulle toegang tot lopende water kry.

Dit was ook Suid-Afrika se Nasionale Waterweek, en die uwe het op die internet afgekom op onstellende internasionale statistiek. Veral die situasie in Indië en Afrika is uiters kommerwekkend.

Tweederdes van die mense in die wêreld, of oftewel 102-miljoen van die 159 miljoen wat afhanklik is van oppervlak-water, woon in Sub-Sahara-Afrika. Meer as 319-miljoen van die mense van hierdie streek het nie toegang tot verbeterde, betroubare drinkwaterbronne nie. Bykans 700 miljoen uit ‘n totaal van 2.4-miljard mense op aarde wat nie aanvaarbare sanitasie-geriewe het nie, woon in Sub-Sahara-Afrika. Wêreldwyd het een uit elke nege mense nie toegang tot veilige en skoon drinkwater nie. In ontwikkelende lande, word tot 80% van siektes verbind met swak watervoorsienings- en sanitasietoestande, en die helfte van die hospitaalbeddens op die aarde word beset deur mense met water-verwante siektes.

Meer as die helfte van die laerskole op aarde het nie water en sanitasie-fasiliteite nie. In buite-stedelike Afrika waar daar nie water in blyplekke is nie, maak 64% van huishoudings staat op vroue om die gesin se water aan te dra. Die gewildste Afrika-waterhouer, oftewel “jerrycan,” weeg meer as 80 kilogram wanneer dit vol is.

Nog statistiek oor Afrika as vasteland is dat landbou die grootste stremming op waterbronne plaas, gevolg deur mynbou. Veertien Afrikalande het voorverlede jaar ernstige water-voorsieningsprobleme gehad, en die verwagting is dat nog 11 dieselfde probleem binne enkele jare gaan hê. Elke dag sterf meer as 650 mense op die vasteland van Afrika aan siektes verwant aan diarree.

In Sub-Sahara-Afrika het 42% van die hospitale nie toegang tot skoon, gesuiwerde of behandelde water nie. In Indië, die land op aarde met die twee meeste inwoners, naamlik 1.2 duisend miljoen, ontlas 569-miljoen van hulle nie in toilette nie. In hierdie land sterf 500 kinders onder die ouderdom van vyf jaar elke dag aan diarree-verwante siektes.

Skrikwekkend.

BLURB
Tweederdes van die mense in die wêreld, of oftewel 102-miljoen van die 159-miljoen wat afhanklik is van oppervlak-water, woon in Sub-Sahara-Afrika
DIE legendariese Renaissance skilder, beeldhouer en wetenskaplike, Leonardo da Vinci, het baie jare voordat mense soos Isaac Newton navorsing oor die siklus van water op aarde begin doen het, reeds besef dat water herhaaldelik deur ‘n siklus gaan van reën, riviere, die see, verdamping en dan weer reën.

Daarom het hy onomwonde verklaar “water is die dryfkrag van die hele natuur,” lank voordat die mensdom besef het hoe waar hierdie eenvoudige stelling is.

Die wêreld van vandag besef alhoe meer hoe belangrik water is, so belangrik dat wêreldleiers vermoed daar steek dalk waarheid in die stelling dat die volgende wêreld-oorlog nie oor grondgebied sal ontstaan nie, maar oor water.

Hier by ons aan die Hibiskuskus is die belangrikheid van toegang tot water opnuut beklemtoon toe die ANC en die DA mekaar verlede week in ‘n bekgeveg in die Ugu Distrik-stadsraadvergadering aangevat het.

Harde woorde het geval na aanleiding van wat die DA bestempel as die onvermoë van die ANC-beheerde stadsraad om te verseker dat water-voorsieningsonderbrekings nie gereeld voorkom nie. Die DA het vroeër deur middel van ‘n optog en memorandum sy misnoeë te kenne gegee, en in die raad verklaar die mense van Ugu is moeg vir die munisipaliteit se onbevoegdheid.

Op sy beurt het die ANC die DA aangevat omdat hy namens die mense van Ugu praat pleks van homself. Die ANC se argument was hoewel daar ernstige water-onderbrekings in sekere gebiede was en nog steeds voorkom, is daar talle voorheen-benadeelde inwoners van Ugu wat nou toegang tot lopende water het danksy die ANC.

Die DA moet dus besef hy redeneer dus namens ontevrede voorheen begunstigdes en nie namens gelukkige voorheen benadeeldes nie, wat op die oomblik by verre in die meerderheid is, omdat Ugu gfesorg het dat hulle toegang tot lopende water kry.

Dit was ook Suid-Afrika se Nasionale Waterweek, en die uwe het op die internet afgekom op onstellende internasionale statistiek. Veral die situasie in Indië en Afrika is uiters kommerwekkend.

Tweederdes van die mense in die wêreld, of oftewel 102-miljoen van die 159 miljoen wat afhanklik is van oppervlak-water, woon in Sub-Sahara-Afrika. Meer as 319- miljoen van die mense van hierdie streek het nie toegang tot verbeterde, betroubare drinkwaterbronne nie.

Bykans 700 miljoen uit ‘n totaal van 2.4-miljard mense op aarde wat nie aanvaarbare sanitasie-geriewe het nie, woon in Sub-Sahara-Afrika. Wêreldwyd het een uit elke nege mense nie toegang tot veilige en skoon drinkwater nie. In ontwikkelende lande, word tot 80% van siektes verbind met swak watervoorsienings- en sanitasietoestande, en die helfte van die hospitaalbeddens op die aarde word beset deur mense met water-verwante siektes.

Meer as die helfte van die laerskole op aarde het nie water en sanitasie-fasiliteite nie. In buite-stedelike Afrika waar daar nie water in blyplekke is nie, maak 64% van huishoudings staat op vroue om die gesin se water aan te dra. Die gewildste Afrika-waterhouer, oftewel “jerrycan,” weeg meer as 80 kilogram wanneer dit vol is.

Nog statistiek oor Afrika as vasteland is dat landbou die grootste stremming op waterbronne plaas, gevolg deur mynbou. Veertien Afrikalande het voorverlede jaar ernstige water-voorsieningsprobleme gehad, en die verwagting is dat nog 11 dieselfde probleem binne enkele jare gaan hê. Elke dag sterf meer as 650 mense op die vasteland van Afrika aan siektes verwant aan diarree.

In Sub-Sahara-Afrika het 42% van die hospitale nie toegang tot skoon, gesuiwerde of behandelde water nie. In Indië, die land op aarde met die twee meeste inwoners, naamlik 1.2 duisend miljoen, ontlas 569-miljoen van hulle nie in toilette nie. In hierdie land sterf 500 kinders onder die ouderdom van vyf jaar elke dag aan diarree-verwante siektes.

Skrikwekkend.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

Partner Content
Travel Dreams? Where would you rather be right now?

Partnered: Whether you're missing family overseas, dreaming of family adventures or romantic hideaways we all have that one place we'd rather be right now - but have you thought about the best way to get there?

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.