Woede

2016-11-24 06:01

CHRISTENE mag nie kwaad word nie? Het u al ooit gehoor dat iemand so sê? Dit is duidelik dat die Bybel buite verband aangehaal word. Mag ‘n Christen dan nie kwaad word as hy of sy sien hoe die aarde verniel word nie? Mag jy nie kwaad word as jy sien en hoor hoe kinders mishandel word nie? Mag jy nie kwaad word oor wanbestuur nie?

Mag jy nie kwaad word as een mens ‘n ander uitbuit nie? Dan was Jesus Christus wat die geldwisselaars uit die tempel gejaag het destyds verkeerd. Hy het immers gesê dat hulle nie meer gefokus het op die redding van mense nie, maar op die maak van geld. Daarom verdryf Hy hulle. Natuurlik mag mens kwaad word.

Die Bybel gee ‘n belangrike riglyn oor woede in Efesiërs 4:26: “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie.”

Hierdie is ‘n belangrike riglyn vir die hantering van woede. Die voorskrif is nie dat jy nie mag kwaad word nie, maar dat jy reg moet optree as jy kwaad word. Deur onnadenkend uiting te gee aan jou woede, maak jy ander mense seer en vernietig verhoudings.

Daarteenoor kan woede wat onderdruk word weer lei tot bitterheid en so jou gesondheid vernietig. Dokters kry baie te doen met psigosomatiese siektes wat juis hiermee te make het. Woorde wat dikwels gebruik word om te ontken dat ons kwaad is, is woorde soos: “Gegrief, gefrustreerd, verpletter, seergemaak, gekrenk.”

Word kwaad oor die regte dinge, maar sorg dat jy dit nie daar laat nie. Wees bereid om jou eie broosheid en aandeel in wat skeefgeloop het te erken. Deel jou seer, jou woede, met die Here en met iemand wat verstaan.

Bo alles, onthou dat selfbeheersing vrug van die Heilige Gees is. Veral dan ook, maak seker dat jy die saak in liefde uitpraat.

Spreek vry, want deur te tob en te vervloek gee jy aan die duiwel vatkans in jou lewe of werksplek of gemeente.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/Sport
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.