Wouter se Watergat

2015-11-26 06:00

DINSDAGMIDDAG het Oom Pottie met ‘n ongewone idee vorendag gekom - ons besoekers, en personeellede in die Watergat moet op ‘n papiertjie, wat hy verskaf het, aandui wat ons deesdae die meeste irriteer … of dit nou by die huis, by die werk of in die algemeen is.

Ons was nou nie lus vir sulke nonsens nie, maar het uiteindelik ingestem. Dis nou drie van ons agter die toonbank, en die agtien besoekers wat besig was om hul onderskeie dorse te les en honger te stil. Pottie se onderneming dat hy persoonlik sou betaal vir ‘n dubbelsopie van die keuse wie ookal se irritasie as die beste aangewys word, het ons laat besluit om maar deel te neem.

Dit het nie lank geneem nie - hy het die ingevulde papiertjies bymekaar gemaak en agter toe verdwyn. Binne tien minute was hy terug met die aankondiging dat hy klaar besluit het. Die derde beste irritasie was Sam Bester van Umtentweni se 89-jarige skoonma, wat by hulle woon, se gewoonte om “winde te passeer” net wanneer die geleentheid hom voordoen. Sy is doof en aanvaar niemand hoor dit nie. Ons neem aan haar reuksintuig is ook aangetas.

Die tweede beste irritasie het gekom van Trien Viljoen van Shelly Beach. Haar buurman versorg nie sy septiese tenk behoorlik nie, en elke paar maande loop die spulletjie oor, onder deur die grensmuur, reg in haar swembad in. Hulle het reeds baklei, en die buurman het ondernemings gegee, maar verlede week het dit weer gebeur.

“Glo dit as julle wil,” het Pottie verklaar, “daar was net drie ander mindere irritasies onder die 21 van ons, en die wenner, dieselfde irritasie, is deur die ander 16 aangegee as dit wat hulle teen die mure uitdryf.” Daarmee het hy sy iPad uitgehaal, en ‘n knoppie gedruk. Die Watergat was skielik gevul met die klank van ons President se lag-vertoning in die Parlement. Ons eie gelag hierna het ‘n hol klank gehad omdat ons diep in ons harte besef het dis werklik nie snaaks nie. Dis eintlik ‘n ramp. Oraait, ek is hier en daar skuldig aan digterlike vryheid met die vertel van die storie, maar dit bly ‘n ramp.

Die glimlag van die week kom van Sannie Geertsema van Bethlehem wat saam met haar man Bennie kom inloer het. Dit handel oor Pietman wat sien hoe steel inbrekers sy buurman, wat op vakansie is, se motorhuis leeg. Hy bel die polisie, en hulle sê hulle het niemand om dadelik uit te stuur nie. Intussen word die buurman se motorhuis stelselmatig leeggemaak. Pietman bel weer en lig die polisie in hulle hoef nie meer iemand te stuur nie, want hy het al drie die inbrekers doodgeskiet.

Binne vyf minute is die blitspatrollie daar en gryp die booswigte. Die bevelvoerder is verbaas: “Ek dag jy het hulle geskiet?” Pietman antwoord: “Ek dag daar was niemand beskikbaar om uit te kom nie.”

Dinsdagmmiddag het Oom Pottie met ‘n
ongewone idee vorendag gekom - ons besoekers, en personeellede in die Watergat moet op ‘n papiertjie, wat hy verskaf het, aandui wat ons deesdae die meeste irriteer … of dit nou by die huis, by die werk of in die algemeen is

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.