Wouter se Watergat

2015-12-03 06:00

VERLEDE Vrydag het ek saam met Oom Pottie na Izotsha gery om ‘n onderdeel te kry vir sy 1984 sessilinder-Cressida. Die Toyota is Pottie plaasvervanger vir ‘n hond of ander troeteldier. Elke moontlike vry oomblik by die huis word gebruik om die Cressida te politoer of in perfekte werkende toestand te hou. Hy het hom nuut gekoop, en pas hom op soos goud.

Die motor trek soveel aandag dat dit eintlik ‘n irritasie is, nie as gevolg van die komplimente nie, maar weens die aanbiedinge om die Cressida te koop as die aanbiedinge realisties is, kan ‘n mens dit nog hanteer, maar mense aanvaar Pottie is ‘n dom ou man wat van ‘n ou motor wat teen ‘n belaglike prys van ‘n ou motor ontslae wil raak.

Onderwyl ons ry, besef ons die verkeer is besonder druk vir 11-uur die oggend. By die groot winkelsentrum in Izotsha is dit eers kwaai. Pottie kry sy onderdeel en ons ry terug Watergat toe, ook in verkeer wat drukker is as normaal.
Tydens etenstyd merk een van ons gereelde besoekers op hy is nou gatvol, want sy vrou gee net links en regs geld uit by die groot winkels se ‘Black Friday half price sales’. Ek bel vroulief om uit te vind wat sy weet van swart Vrydae in Suid-Afrika. Sy sê sy het gehoor daarvan, maar dit klink soos iets sinisters en okkulties, half soos Halloween of Allerheiligeaand, en stel nie belang nie, al is die pryse hoe laag. Wat my nogal laat goed voel het.

Black Friday? Ek soek op die internet en kom af op ‘n interessante verduideliking. Black Friday het jare gelede in Amerika ontstaan op die Vrydag na Thanksgiving Day, wat tradisioneel op die vierde Donderdag van November val.
In Amerika is die Vrydag is ook ‘n openbare vakansiedag, wat dan ‘n langnaweek van vier dae meebring, en amptelik die Kers-aankooptydperk inlui.

Omdat talle ondernemings vir lang tye van die jaar op skuld voortbestaan, en veral voor die Kerstyd baie geld bestee om genoeg voorraad aan te skaf, is hul bankstate “in die rooi”. Wanneer die hordes op Black Friday op hulle toesak, verkoop hulle soveel voorraad op een dag, en die daaropvolgende seisoen, dat hul bankstate “uit die rooi in die swart in” beweeg, lank genoeg dat hulle gemaklik kan sake doen tot die volgende Black Friday. Nou toe nou.

Dit het my laat dink aan die vrou wat met haar vierjarige dogtertjie inkopies doen. By ‘n roomys-stalletjie die skree die kind omdat haar ma nie roomys wil koop nie. Die ma sê saggies: “Toe nou Sanet, moenie so kwaad word nie, ons inkopies vorder goed, ons is netnou by die huis.” By die lekkergoed-toonbank gebeur dieselfde, en die ma sê: “Kom nou Sanet … moenie onnodig ontsteld raak nie...nog net twee winkelgange dan is ons hier uit.” By die kassier val die dogtertjie op die grond neer en skop omdat die ma nie sjokolade wil koop nie.
“Sanet, hou op om so onsteld te word. Ons is nou-nou by die huis, dan kan ons ontspan met ‘n koeldrank en koekies.”

‘n Man wat die spulletjie dopgegou het, stap in die parkeerterrein na die ma toe, en komplimenteer haar oor die taktvolle manier waarop sy haar dogtertjie Sanet hanteer het.
“Nee … nee meneer … ek is
Sanet … my dogtertjie se naam is Ria.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.