Wouter se Watergat

2015-12-10 06:00


AAN die begin van die week was daar ‘n algehele swartgalligheid in die Watergat. Omdat ons klandisie redelik wyd is, van besoekers uit die binneland, kom mense van Hibberdene tot Port Edward hierheen om óf te kuier, soos in inloer en hallo sê ná ‘n lang afwesigheid, óf om ‘n lekker gesinsmaaltyd te geniet, óf om ‘n vinnige bier onderweg huis toe te drink. Dit beteken dat nie net al hierdie mense se snaakse stories en persoonlike ervarings hierheen saam kom nie, maar ook hul bekommernisse en irritasies.

Die swartgalligheid is basies veroorsaak deur die jongste slagting op die land en KZN se paaie in die algemeen, maar hier aan die Suidkus in die besonder. Die gesprek het begin toe ‘n ouetehuis-inwoner wat saam met haar seun ons Sondagbuffet-ete kom nuttig het, aan ‘n plaaslike joernalis wat sy ken, by die volgende tafel gevra het of hy niks anders het om oor te skryf as negatiewe nuus, en veral motorongelukke nie. “Ek is al so siek en sat daarvan om in julle koerante, die sosiale media en nuus-webwerwe te lees van mense wat op ons paaie sterf. Is daar niks positiefs wat hier gebeur nie?”

Toe die uwe, self ‘n joernalis in die verlede, dit hoor, het ek gevoel my aorta krimp so ‘n paar sentimeter. Wanneer ek so iets hoor, word ek nie boos oor die mens self nie, want die meeste van hulle bedoel dit goed. Die frustrasie gaan oor die totale onkunde wat opgesluit lê in so ‘n uitlating, en glo my, dis ‘n sentiment wat redelik wyd strek. Ek was op die punt om by die gesprek betrokke te raak, maar gelukkig was dit nie nodig nie, want die joernalis, ‘n baie ervare man, het die saak goed hanteer. Hy het bloot aan haar verduidelik nuusmedia weerspieël wat in gemeenskappe gebeur, en as sy ‘n probleem het, moet sy die gemeenskap kritiseer, nie die nuusmedia nie. Wat sy wel kan kritiseer, het hy gesê, is die manier waarop die “negatiewe nuus” aangebied word, maar nie die feit dat dit gebruik word nie.

Die gesprek is sonder kwaaivriendskap beëindig, maar dit het ‘n ander gesprek, redelik swartgallig, by die kroeg-toonbank aan die gang gesit. “Soos met baie ander dinge in hierdie land,” was Pottie se oorwoë mening, “bestaan die politieke wil nie om sake op te los nie. Die regering is te bang hulle verloor steun by die stembus. Die eerste groep padverbruikers wat vasgevat moet word, is die taxis. Kyk net by hoeveel ongelukke is hulle betrokke. Dis mos nie toevallig nie? Hulle ry soos besetenes, van hul voertuie is onpadwaardig en oorlaai, en hulle steur hulle aan geen padreëls nie.”

Hoewel hierdie opmerking in die kol is, is dit myns insiens net ‘n deel van die probleem. Swak polisiëring landwyd, vervalste rybewyse, geen rybewyse, roekeloosheid, dronkbestuur en padvarkigheid is deel van ons lot. Ironies genoeg, was die mense in die Watergat op daardie oomblik nie onskuldig nie. In die hoek het ‘n redelik gesette, welgestelde man van Mpumalanga en sy gesin gesit: vroeër dieselfde dag het ek gesien hoe hy in druk verkeer, ooglopend geïrriteer, met sy groot viertrek bo-oor ‘n sypaadjie ry, sy weg oopboelie by ‘n kruising, net daar ‘n U-draai maak en al swetsend in die teenoorgestelde rigting terugry. Wanneer jy hom raaksien, sal jy nooit dink hierdie op-die-oog-af doodgewone beskaafde man is tot so-iets in staat nie. Is dit nie waar die probleem lê nie? Is die meerderheid van ons nie maar soos hy nie? Stralekransies en al?

Vandeesweek se totsiens-storie is kort en kragtig - in my jong dae het een van ons redakteurs dit baie duidelik gemaak dat goeie berigte kort en kragtig is, en dat geen onnodige woorde gebruik mag word nie. ‘n Mede-verslaggewer, vars van die akademie af, skryf die volgende: “Jan Bezuidenhout het ‘n vuurhoutjie getrek om te sien of daar nog petrol in sy tenk was. Daar was. Ouderdom 65.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.