Wouter se Watergat

2016-01-21 06:00

DIE laaste 10 dae hier by ons was dit stiller na die feesseisoen, met die meeste van ons besoekers die ‘regulars’ wat feitlik elke dag of twee hier inloer. Ons het die afgelope week ‘n paar spesiale aanbiedinge gehad om hierdie gereelde klante van ons te beloon vir hul getroue ondersteuning, want sonder hulle sou ons nie kon bestaan nie, nie met die sterk kompetisie wat ons hier aan die Suidkus het nie. Een van die disse was ‘n spesiale tuisgemaakte “quarter pounder” hamburger, met al die nodige byvoegsels wat McDonald’s sou laat skaam kry, saam met skyfies en ‘n tapbier teen R35. Dit het verseker die verskil tussen die seisoenbesoekers en daarna was baie kleiner.

Die gewigtige besprekings het vandeesweek agterweë gebly. Dis asof mense moeg is om te praat oor die redes vir die swak rand, swak dienslewering, swak verskonings vir rassisme op die sosiale media, en sommer alles wat nog swak is... behalwe die swak vertoning van die Proteas. Dit het ons lank besig gehou. Hulle word binne drie dae deur die Souties kafgedraf, en ons kon ons oë Saterdag nie glo toe hulle paaltjies soos riete voor ‘n sterk wind geval het nie. Pateties. Oom Pottie reken die hoofrede is die gebrek aan ‘n afrigter van internasionale gehalte, en verkeerde spankeuses.

“Domingo is net nie op dieselfde standaard nie … kry ‘n gesoute buitelander, of iemand soos Gary Kirsten wat ‘n bewese internasionale rekord het. Stiaan van Zyl is nie ‘n openingskolwer nie … waar’s Stephen Cook van die Lions?” Ons het min of meer hiermee saamgestem, behalwe die verwysing na Cook … hy is mos van die Lions … die krieket-weergawe van die Golden Lions? Oom Pottie se passie?

Een van ons gereelde klante, Hans Theron van Umtentweni, wat normaalweg baie min praat, het na hierdie gesprek, het verklaar hy is nou moeg gewroeg oor alles, en hy wil ons ‘n storie wat hy by iemand gehoor het, vertel om die swaarmoedigheid te verdryf. Oom Kaspaas word opgeroep oorlog toe. By die front is hy gou in een van die voorste linies, want hy kon baie goed skiet. Aanvanklik word Oom Kaspaas-hulle nie juis gepla nie, en die vyand word heelwat meer ongevalle toegedien. Teen dagbreek op die vierde dag kom hulle agter die vyand gaan ‘n groot teen-offensief loods - elkeen kry ekstra ammunisie, en Oom Kaspaas word as peloton-bevelvoerder aangestel. Soos verwag, begin die vyand verwoed aanval, Oom Kaspaas hulle storm al-skietende vorentoe. Die koeëls vlieg heen en weer, en die onvermydelike gebeur. Oom Kaspaas en verskeie van sy makers word getref. Party noodlottig, en ander, ook Oom Kaspaas, word gewond. Gelukkig is die Rooikuis-ambulanse naby, en die gewondes word afgevoer hospitaal toe.

By die hospitaal staan ‘n teatersuster by Oom Kaspaas se bed en vra hom presies waar hy gewond is. “Nee, suster, dit kan ek nie vir jou sê nie.” “My oom,” verklaar sy met ‘n ferm stem, “ons moet weet waar die wond is sodat ons die voorbereidings kan doen voor die dokter opdaag.” Kaspaas besef hy het nie nou uitkomkans nie. Hy vra haar om te buk sodat hy dit saggies kan sê: “Nurthie, ath hulle jou gethkiet het waar hulle my gethkiet het, het hulle jou mith gethkiet.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.