Wouter se Watergat

2016-03-03 06:00

DIE uwe het die afgelope week weer botsende emosies ervaar. Enersyds is ek bly die SuperRugby-seisoen het begin want dis baie goed vir besigheid omdat die mense hierheen stroom om die aksie op ons supergroot- TVskerms te kyk … die yskaste kan beswaarlik voorbly om bier koud te hou, en ons het ses grotes.

Maar andersyds is dit die begin van ‘n lang seisoen, ongelukkig nie net van die spel waarvoor ons almal so lief is nie, maar van kommentare, grappe en rugby-onkunde wat ‘n Sharks-ondersteuner soos ekself, altyd bereid om die ander span krediet te gee, soms laat tande kners.

Om sake te vererger, het ene Chris Johannes Potgieter uit sy somerslaap wakker geskrik, en al wat ons hoor is hoe die Lions almal gaan opfoeter.

Oom Pottie het die Watergat verlede Saterdag-oggend vyf-uur oopgesluit vir hom sy handvol mede Lions-ondersteuners. Hy het spek, eiers tamaties vir 12 mense vir die ses van hulle gemaak, en toe ek agt-uur hier aankom net voor die wedstryd eindig, het hulle reeds drie liter lemoensap gemeng met drie bottels vonkelwyn afgesluk.

Die klompie was nogal spraaksaam, baie tevrede met hul span, en ek kon sweer drie van hulle het vlot Japannees gepraat. Ek moes ‘n huurmotor bel om sy vyf maanhaarvriende by die huis te kry, en Pottie het tot 12-uur so bietjie in die pakkamer “gerus”. Ek is baie lief vir hom want hy werk hard, is baie lojaal, familie en ‘n goeie vriend … maar ai, dis nie altyd maklik nie.

Verder was dit ‘muur-tot-muur’-rugby vir die res van die dag. Die arme Kings … hulle gaan vanjaar se slaansak in die kompetisie wees. Hoe gouer hulle van voor af begin en finaal ontslae raak van daardie twee Watsons, hoe beter. Maar politiek is mos politiek, of hoe?

Hier was nie Stormers-ondersteuners in die Watergat toe hulle die Bulls opgerol het nie, maar ‘n familiegroep van so tien mense uit Pretoria wel. Hoe langer die wedstryd geduur het, hoe groter was die pyn op die gesigte, en groter die glimlag op Pottie se gesig. ‘n Bulls-ondersteuner is vir hom soos ‘n rooi doek vir ‘n Andalusiese bul. As julle weet wat ek bedoel. Iets wat hy oorgehou het uit sy eie speeldae in Johannesburg in die vyftigerjare van die vorige eeu.

Ewenwel, die rugby was soos ‘n vars bries en ons kon die swaarmoedigheid van die afgelope tyd, al was dit net tydelik, verdryf. Dis wat die Watergat so lekker maak. Ons besoekers kan nie wag om die jongste stories en grappies met ons te deel nie. Hier is enkele voorbeelde:

• Maggie van Deventer van Manaba: Kamp Staaldraad van die Springbokke was destyds so suksesvol dat dit nou verpligtend is vir die SA Vroue-netbalspan. Hulle noem dit nou Kamp Staalwol.

• Stef Bredenkamp van Bloemfontein: Heyneke Meyer is genooi na Aspoestertjie se bal. Hy gaan as ‘n pampoen. Wanneer die klok om middernag slaan, hoop hy om in ‘n “coach” te verander.

• Wessie van der Westhuizen van Vryheid: ek het so pas op TV-nuus gesien ‘n minibus ry van die pad af in ‘n bergpas met vyf Bulls-ondersteuners. Dis so jammer en hartseer … daar was plek vir nog vyf.

• John Bentley van Scottburgh: daar was vanoggend ‘n moerse stofwolk oor Durban. Blykbaar het die Sharks-bestuur hul trofeekas skoongemaak.

Groetnis tot volgende week.

Enersyds is ek bly die
SuperRugby-seisoen het begin want dis baie goed vir besigheid omdat die mense hierheen stroom om die aksie op ons
supergroot-TVskerms te kyk

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.