Wouter se Watergat

2016-03-10 06:00

ONS begin ons gereed maak vir die Paasnaweek later vandeesmaand …die hele lot van ons het verlede Sondagmiddag ingespring en yskaste, stoele, tafels en kombuistoerusting skoongemaak. Die Watergat lyk nou soos ‘n splinternuwe sikspens, soos my Ouma Hessie van Koffiefontein altyd gesê het.

So tussendeur die gewerskaf is ons voortdurend herinner aan die Goue Leeus se oorwinning oor die Chiefs deur julle weet wie (ek moet sê, daai span van Johannesburg speel nou die mooiste rugby denkbaar). Oom Pottie se groot vrees is dat die land se rugbybase gaan besluit om Johan Ackerman en Swys Joubert te vra om die Springbokke af te rig, dat geld gaan praat, en dat sy geliefde trop dan van voor af sal moet begin.

Die groter besprekingspunt egter, veral van belang vir ons Sharks-ondersteuners, is dat Fidelity Security van die Bartman-familie, wat jare reeds by die Sharks betrokke en ook ‘n borg is, nou ook ‘n borg van die Goue Leeus is. Iets wat ‘n mens nogal laat dink. Oom Pottie glimlag van oor tot oor wanneer hy daaroor praat.

“As jy nog nooit geweet het wat ‘n identiteitskrisis is nie, hier is hou vir jou een.” Hy wys ons die foto van Johan Ackerman met Wahl Bartman en sy broers Leon en Francois, saam met twee huidige Lions-spelers met die aankondiging van die borgskap.

Hoewel Springbok Wahl lank vir Natal gespeel het, was hy oorspronklik ‘n Transvaler, en al drie broers het vir die provinsie gespeel. Hy en sy broers was op die Hoërskool Florida, dieselfde skool waar Elton Jantjies gematrikuleer het.

En dan moet julle nie vergeet nie, Rudolf Straeuli, hoewel hy ook by die Sharks was, het Springbok geword as Transvaler, en hy is nou een van die Lions se grootbase. Ek sê julle, die Bartmans se “roots” het geroep, en hulle het besef dis die enigste manier om weer hul “brand” op ‘n wenspan se trui te kry. Praat van ‘n identiteitskrisis.

Ons Sharks-ondersteuners was eers erg geïrriteerd deur Oom Pottie se uitlatings.

Later het ons begin besef dit is nogal ‘n interessante situasie vir die Bartmans. En Fidelity. Waar is hulle lojaliteit nou? Jan Viljoen van Manaba se inset was dat ons die hele punt mis. “Dit het niks met lojaliteit te doen nie, dis bloot ‘n gesonde sake-besluit, Dis al.”

Hoewel ek hom vantevore al gehoor het, is die storie van die week herhalenswaardig, soos vertel deur Miems Hibbert van Nelspruit, wat saam met haar man Ike op vakansie is. ‘n Sterk man loop by ‘n groentewinkel in en vra vir ‘n halwe slaaikop. “Jammer meneer,” sê die assistent, “ons verkoop nie halwe slaaikoppe nie.” Die man gryp ‘n slaaikop, skeur dit in twee en loop met die een helfte na die betaalpunt.

Die assistent loop na die bestuurder en vertel hom wat gebeur het. “Hier is ‘n dom dr*l wat ‘n halwe slaaikop wil koop,” en toe sy omkyk, sien sy die groot man het alles gehoor wat sy gesê het. “En hierdie vriendelike sterk meneer hier wil die ander helfte koop.” Die bestuurder is baie beindruk met haar omdat sy so vinnig gedink het.

‘n Paar dae later deel hy haar mee dat hy haar Gauteng toe wil stuur vir opleiding as ‘n bestuurder. “Gauteng toe? Nee wat meneer, my ma-hulle sê daar is net straatvroue en rugbyspelers in Gauteng.”

Die bestuurder vervies hom. “Vir jou inligting, daardie mooi vrou van my kom van Gauteng af.”

“O, is dit so?’ antwoord die assistent. “In watter posisie het sy gespeel?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.