Wouter se Watergat

2016-03-24 06:00

DIE Watergat bestaan nou reeds 13 jaar, en hoewel ons ons stil periodes gehad het, was daar nooit minstens ‘n minuut van absolute, geskokte en doodse stilte nie. Tot verlede Vrydagaand.

Groot was die verligting toe die Sharks op die nippertjie ‘n strafskop teen die Blou Bulle, reg voor die pale, gekry het om die wedstryd te beklink. Ons Sharks-ondersteuners het mekaar “high fives” gegee en nog ‘n dop ingegooi om die oorwinning te vier. Toe Joe Pietersen daardie skop mis, het ek my verbeel ek kry “slaap-apnee” … julle weet mos, daardie toestand wanneer jy skielik in jou slaap ophou asemhaal en sterf.

Toe ons Pietersen se hangskouers aanskou, het ons hom eintlik jammerder gekry as onsself. Oom Pottie kon nie sy oë glo nie. “Hoe verwerk ‘n speler so-iets? Wat sê hy aan sy spanmaats in die kleedkamer? En hulle aan hom? Kry hy dalk vir die volgende paar dae sielkundige behandeling?” Pietersen sal dit beslis vir die res van sy lewe onthou.

Soos Robbie Fleck die dag toe hy dwarsdeur gebreek, en onder die teenstanders se pale spoed verminder het om die bal windmakerig te plant, maar deur ‘n teenstander, waarvan hy glad nie bewus was nie, van agter af met die aarde gelyk gemaak is. Fleck was vir die res van daardie wedstryd soos ‘n verdwaalde maagwindjie op die veld.

Saterdag kon hy minstens jare daarna as afrigter van die Stormers toekyk hoe sy span die Brumbies omdop. Nodeloos, om te sê, Pottie was weer in ekstase toe sy geliefde Lions die Cheetahs oorrompel het.

Intussen is ons op die vooraand van die Paasnaweek... ons almal hier in die Watergat wens ons lesers ‘n geseënde Paasfees toe wat niks met hasies en sjokolade-eiers te doen het nie.

Ek sluit af met ‘n storie van die 85-jarige Oom Kallie Steenkamp van Hibberdene wat hy vertel het toe ons oor die huidige onrus op die universteitskampusse gepraat het: ‘n Jong regstudent druip sy eksamen en besluit om met sy briljante professor daaroor te gaan praat. Hy vra hom of hy alles weet van die vak, Logika. “Natuurlik,” antwoord die prof.

Student: “Kan ek u ‘n vraag vra en as u korrek antwoord, sal ek my punte aanvaar nes dit is. As u egter nie korrek kan antwoord nie, is dit u plig om my ‘n ‘A’ te gee.” Prof: “Reg so.”

Student: “Wat is wettig maar nie logies nie, logies maar nie wettig nie en ook nie logies of wettig nie?” Die prof dink, maar gee uiteindelik op. Hy gee toe maar vir die student ‘n A.

Die professor het die hele dag gewroeg oor die vraag en besluit om die vraag aan sy briljantste studente te vra. Almal steek hul hande in die lug en die prof, wange rooi van verleentheid, besluit om een van sy gunstelinge te laat antwoord.

“Dis eintlik maklik prof. U is 75 jaar oud en getroud met ‘n 30-jarige vrou - dis wettig maar nie logies nie. U vrou het ‘n skelm affair met ‘n 22-jarige student - dis logies maar nie wettig nie. U vrou se skelmpie het sy eksamen gedruip en u het hom ‘n A gegee. Dis nie logies of wettig nie.”

Die Watergat bestaan nou reeds 13 jaar, en hoewel
ons ons stil periodes
gehad het, was daar nooit minstens ‘n minuut van
absolute, geskokte en
doodse stilte nie.
Tot verlede Vrydagaand

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.