Wouter se Watergat

2016-03-31 06:00

ONS het die paar “rustige” dae na die Paasnaweek geniet en gebruik om asem te skep … ons was kwaai besig op al vier dae van die naweek. Vroulief Dina het elke dag haar spesiale skaapnek-bredie op ons spyskaart gehad, en net op Paas-Maandag het daar iets vir ons en die personeel oorgebly.

Hier was heelwat Vrystaters toe die Brumbies hul span afgeransel het, maar ons paar Sharks moes die pyn teen die Crusaders alleen hanteer. Die Lions sal hulle speel die komende naweek moet ken. Die Nieu-Seelandse spanne het net ‘n dimensie wat min Suid-Afrikaanse spanne het.

Wat sê ‘n mens van die Proteas?

‘n Span met die potensiaal om enige span in die wêreld te klop, maar gereeld faal? As dit nie die boulers is nie, is dit die kolwers. Toegegee, T20 is ‘n baie spesiale soort krieket, maar iets is fout. Selfs in die ander formate onder-presteer hulle. Die rede? Deskundige afrigting en bestuur ontbreek. Ek is bereid om baie geld daarop te verwed dat hierdie probleem binnekort groot aandag in die media gaan kry.

Van die Vrystaters wat hier gekuier het, is geesdriftige jagters, en maak hulle gereed vir die komende seisoen. Soon en Carel Neethling, twee broers van Harrismith, het gesels oor verskillende jagwapens, en Soon het met die storie van die week vorendag gekom. Janneman le Roux was so 20 jaar gelede ‘n kranige wildboer met ‘n wapenwinkel op ‘n dorp in Noordwes. Op ‘n dag ry hy oor sy groot, uitgestrekte plaas, en hy verbeel hom hy sien minder koedoes. ‘n Week later vertel een van sy werkers hom hy het iets in die nag gehoor en ligte gesien.

Janneman sit die volgende aand in die donker in sy Fortuner naby aan sy plaashek.

Hy het skaars in die donker stilgehou, toe ry ‘n bakkie stadig, sonder ligte, by sy hek in. Die bakkie verdwyn en Janneman sit en wag tot hy ‘n skoot hoor klap. Hy ry in die skoot se rigting. Hy sien die bakkie staan, en drie mans besig om ‘n koedoebul af te slag. Janneman se bloeddruk skiet die hoogte in. Hy sluip stil-stil na die bakkie toe … en ja, daar lê drie gewere agterop.

Baie duur wapens. Hy vat hulle, skakel sy jaglig aan en loop na die mans toe. Hulle skrik hulle boeglam. Hulle weet nie wie Janneman is of op wie se plaas hulle is nie. Maar Janneman is ewe vriendelik. Hy vra hulle waarom hulle so in die donker sukkel, en nooi hulle na sy huis toe vir ‘n braai en drankies.

Die drie kom oor hul ergste skrik, en op pad terug stop hulle by Janneman se huis. Die sluipjagters is die ene senuwees, en Janneman sukkel om hul name te wete te kom. Die vier gesels oor koeitjies en kalfies, en hoe meer die drie probeer ry, hoe meer gesels Janneman. Hulle wurg hul tjoppies en brandewyne af, maar Janneman is die ene vriendelikheid en eet lekker. Uiteindelik groet hy hulle. Die oudste van die drie skraap moed bymekaar.

“Kan ons maar ons gewere kry?” “Natuurlik,” antwoord Janneman. “Julle ken die geweerwinkel op die dorp? Dis myne. Ek sal daar wees. Kom haal julle gewere daar.

“Bring sommer R20 000 vir die koedoe saam.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.