Wouter se watergat

2016-04-28 06:00

ALMAL hier in die Watergat is gereed vir die groot motorfietsnaweek … dit behoort weer een van daardie aangename, raserige en kopseer-geleenthede te wees wat jy nie maklik vergeet nie.

Van die eerste aankomelinge is reeds hier … lyk my die Vrystaters gaan die Watergat, soos verlede jaar, hul hoofkwartier maak. Die meeste van hulle is van Bloemfontein, en ‘open’ gereeld rugbywedstryde op die Vrystaatstadion met hul ysterperde. Onder hulle is dokters, prokureurs, sakemanne en selfs ‘n vroue-haarkapper. Harley-mense in murg en yster, en nodeloos om te sê, groot Cheetah-ondersteuners met hier en daar ‘n Lion... een selfs met ‘n woedende leeu op sy valhelm geverf. Hy en Oom Pottie was van die begin af dik pêlle, asof hulle mekaar jare lank reeds ken.

Soos vorige jare, is daar net twee hooftemas wat deurentyd onder bespreking is. Motorfietse, en in die besonder Harleys, nogmaals motorfietse, en rugby Dis nou eers Donderdag, en het reeds ‘n magdom stories gehoor. Harald en Lea van Kroonstad se gunsteling motorfietstorie, al het hy hier en daar reeds baard, handel oor die groot Harley-bewonderaar wat een aand van ‘n plesierskip afval tydens ‘n gekuier. Gelukkig spoel hy uit op ‘n klein eilandjie waar hy sy roes kon afslaap.

Dis die goeie nuus. Die slegte nuus is hy is die volgende ses maande op die eilandjie. Hoewel daar kos en water is, is dit totaal geïsoleer en ver van die skeepsroetes af.

Op ‘n dag sien hy ‘n motorboot vinnig nader kom. Hy raak alhoe opgewonder hoe nader die vaartuig kom. Op die strand klim daar ‘n sexy vroumens uit en stap nader. Hulle groet. Sy bied hom ‘n sigaret aan en hy neem ‘n lang behaaglike teug.

Hulle praat oor koeitjies en kalfies, en sy vra hom of hy ‘n dop wil hê. ‘Natuurlik, asseblief!’ Sy trek die kant-ritssluiter van haar duikpak af, en gee hom ‘n botteltjie Jack Daniel’s, wat hy behaaglik wegsluk. Sy fokus is nou net op een ding. Sy trek die voorste rissluiter van haar duikpak af ondertoe, en vra: “Wil jy jouself gate uit geniet?” “Ek glo dit nie... hoe kan ‘n man so gelukkig wees. Moenie vir my sê jy het daar iewers ‘n Harley weggesteek nie?”

Die rugbystorie kom van Boet Wessels van Bloemfontein, ook ‘n Harleyman. Mense in ‘n straat in die Moot in Pretoria hoor hoe ‘n kind in ‘n huis gil. Hulle roep die polisie, en toe hulle opdaag, begin een van die vrouekonstabels huil.

Die omstanders hoor hoe skreeu daai kind - “Daddy, moenie … hou op daddy ... daddy ek wil nie … daddy, hou op asseblief - ek sal nie vir mammie sê nie... hou op ... asseblief daddy moenie ... iemand help my. Asseblief.”

‘n Buurman skreeu: “Bring daai vark uit daai huis.”

Die deur word afgeskop, en almal storm in. Die kind het steeds gegil, en toe hulle in die kamer kom, staan die pa daar met die seun en probeer steeds om vir die kind ‘n Blou-Bul trui aan te trek ...

Daddy, moenie … hou op daddy ... daddy ek wil nie … daddy, hou op asseblief - ek sal nie vir mammie sê nie... hou op ...
asseblief daddy moenie ...
iemand help my. Asseblief

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.