Wouter se Watergat

2016-05-05 06:00

SJOE, die Africa Bike Week het ons laat rondhardloop, en soms het ek gewens dit moet die laaste keer wees. Want alles raak op … jou biefstuk, jou bier, jou hamburgers en jou geduld. Maar dan byt jy vas, stuur gou vir Oom Pottie om die tekort aan te vul, en jy gaan aan.

Op Dinsdagoggend na die lang naweek, toe ons tot verhaal kom, voorraad-opname doen en bankstate nagaan, verdwyn die gevoel dat dit die laaste keer moet wees, soos mis voor die son.

Ek kon dit eintlik nie glo nie. Die Watergat se omset oor ses dae, van Woensdag tot Maandag, was meer as die hele Desembervakansie verlede jaar. Rêrig. Nou hou ons almal duim vas dat die Harley-mense aanstaande jaar terugkom. Toe ek hierdie rubriek geskryf het, moes hierdie besluit nog geneem word, want die ooreenkoms is dat die agtjaarlange verhouding nou jaar na jaar hersien sal word. Ek het by verskeie ander besighede, veral verblyfverskaffers en watergate soos ons s’n, navraag gedoen, en die gevoel is presies dieselfde. Ons hele Suidkus-gebied besef eintlik nie hoeveel geld hier bestee word oor die ysterperd-naweek nie. Glo my, dis baie. Kom ons hou almal duim vas, want die riemtelegramme wil dit hê dat die organiseerders ‘n verandering wil maak.

Met die letterlik honderde besoekers wat oor vyf dae by die Watergat in en uit is, het ons natuurlik oor baie onderwerpe gesels en weer talle stories gehoor. Soos ek verlede week genoem het, die Watergat was veral gewild onder die motorfietsmense van die Vrystaat en Gauteng, veral die Afrikaanssprekendes.

Wat my opgeval het toe vroulief en ek die Saterdag so ‘n half-uur na die fietse by die strandfront gaan kyk het, is hoe baie van die Harley-fanatici Afrikaanssprekend is. Hulle praat Engels in die algemeen, maar sodra hulle in Afrikaans aangespreek word, antwoord hulle in hul eie taal. Ek moet sê, van hulle lyk meer soos Amerikaanse Daytona Bikers, en dit bewys weer jy moenie iemand net op sy baadjie takseer nie.

Rugby? Weens die motorfietse, kon ek die onderwerp tot nou toe vermy, maar die naweek se uitslae het ons hier groot pyn veroorsaak. Die Sharks, die Stormers, die Cheetahs en die Lions het verloor. Die Lions só sleg dat Oom Pottie ‘n dag lank nie kon praat behalwe oor die kosbestellings nie. Julle moes sy gesig gesien het toe een van die rowwe fietsmanne verklaar het dit het gelyk asof vyftien individuele Lions p**pies ‘n orkaan wou stuit. Wat Pottie die ergste getref het, was die soveelste goeie oorwinning van die Bulls, en die besef dat sy geliefde Lions nog by hulle moet verbykom.

Die stories van die week kom weer van Bloemfonteiners. “Dok” en Marelise van Blerk vertel van hul vriend wat hul meegedeel het hy hou nog steeds daarvan om die liefde van sy lewe te bederf. Wanneer sy laat werk en hom meedeel sy is op pad, tap hy lekker warm water met skuim solank in, sodat sy onmiddellik kan begin skottelgoed was sodra sy arriveer.

Pieter van Dyk het na sy skoonma, wat by hulle woon, verwys. Toe dit onlangs aanhoudend by hulle gereën het, het sy drie dae lank net deur die venster gestaar. Hy het haar naderhand so jammer gekry dat hy haar maar laat inkom het.

Op Dinsdagoggend na die lang naweek, toe ons tot verhaal kom, voorraad-opname doen en bankstate nagaan, verdwyn die gevoel dat dit die laaste keer moet wees

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.