Wouter se Watergat

2016-05-12 06:00

EEN van die groot besprekingspunte die afgelope dae was finansiële probleme en die ding wat ons almal vrees: bankrotskap. Die gesprek het begin toe ‘n bekende sakeman van die Suidkus, een van ons gereelde besoekers, ons meegedeel het dat die ekonomie daar buite so sleg is dat hy sy onderneming moes sluit omdat hy net nie meer kon aangaan nie.

Dit het insette van verskillende ander Watergat-besoekers uitgelok oor hoe sleg dit met hul finansies gaan, en dat hulle beswaarlik kop bo water kan hou.

Ek moet sê, selfs die Watergat voel dit. As dit nie was vir geleenthede soos die Africa Bike Week nie, sou ons dit ook moeilik oorleef het. Ons kom agter mense bestee minder. Pleks van ‘n tapbier koop iemand ‘n glas wit wyn. Of dis ‘n hamburger pleks van die geliefde T-been-biefstuk. Die gemiddelde inkomste per besoeker is dus 20% minder as ‘n jaar gelede.

Nog ‘n faktor wat verskeie mense genoem het, is die betaling vir dienste gelewer. ‘n Loodgieter van Umtentweni reken hy sukkel nou gemiddeld drie maande om betaling vir sy dienste te kry, pleks van ‘n dertig dae ses maande gelede.

Oom Koos van Rensburg van Port Edward kon nog verstaan waarom ‘gewone mense’ soos ons geldelike probleme optel, maar nie die Naas Botha’s van die wêreld nie.

“Die man moes oor die jare baie geld verdien het, en nog steeds. Hoe is dit moontlik dat die banke hom nou wil sekwestreer?” Oom Pottie was hier gou by. “Koos, is dit nie vir jou duidelik wat hier aangaan nie? Naas hou vol hy het nie geld om ‘n agterstallige huislening te betaal nie, en die banke beweer hy steek bates weg. Wie glo jy?” Nogal ‘n goeie vraag....dis moeilik om te glo dat hy nie bates het nie.

Ewenwel, ons was in ekstase oor die Sharks se oorwinning oor die Hurricanes. Pottie het ‘n halfdag se stilstuipe betree toe hy daarop gewys is dat die Hurricanes sy geliefde Lions heeltemal deurmekaar gewaai het, terwyl die Sharks dieselfde ‘n week later met die Hurricanes gedoen het. Veral toe hy besef het indien daar enigiets te lese is in die uitslae, die Sharks die Lions met hul volgende ontmoeting gaan opfoeter.

Die einste Oom Koos van Port Edward het ons week gemaak met ‘n storie wat ek voorheen gehoor het, maar steeds ‘n groot glimlag ontlok. ‘n Ander Oom Koos besit ‘n plaas reeds donkiejare, en hoewel ‘n wewenaar en redelik oud, is hy nog nie “koud” nie. By sy plaasdam het hy ‘n lapa gehad vir lekker saam kuier, en een aand, in sy eensaamheid, loop hy na sy lapa om te gaan sit en dink aan die goeie ou dae. Onderweg soontoe hoor hy vroulike stemme vrolik gesels en giggle. Hy val plat agter ‘n bloekomboom en loer deur die takke.

Tot groot skok van sy hart sien hy kaal meisies in die dam swem. Hy stap nader om hulle te groet en meet te deel hulle betree eintlik ‘n ander man se private eiendom. Toe hulle hom sien, skrik hulle en sak laag af in die water sodat die water die nodige bedek. Een van hulle skreeu benoud: “Ons klim nie uit voordat oom loop nie.”

“Bedaar julle … ek is nie hier om te kyk hoe julle kaal swem of julle te verjaag nie,” verklaar Oom Koos en hou die emmer in die lug.

“Ek is hier om die krokodil kos te gee.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.