Wouter se Watergat

2016-05-19 06:00

DIE afgelope week het ons baie tyd op die houtplatform bestee en net oor die see sit en tuur met die wonderlike weer wat ons ervaar het. Ons het onsself verbeel ons kon van die Chinese vissersbote sien wat net buite ons gebiedwater visvang. Hoop maar net die regering het die politieke wil om drastiese stappe te doen. Maar ons is mos ‘n vriend van China, of hoe?

Gepraat van die politiek - iets wat ons hier in die Watergat laat rooi sien het (dis nou benewens die Lions-vlag wat ene Chris Lourens Potgieter rondgeswaai het na die wedstryd teen die Blues), was die verklaring van die ANC-jeugliga dat hulle in die toekoms rugbywedstryde gaan ontwrig. Ons kan verstaan dat baie nog gedoen kan word om rugby (en ander sportsoorte) op grondvlak te transformeer.

Adjunk-minister Gert Oosthuizen het dit onlangs op RSG goed verduidelik, en ek moet sê, ek verstaan dit nou baie beter. ‘n Belangrike element is dat die regering die sportliggame nou wil dwing om te doen wat hulle self onderneem het om te doen. Net jammer ene Fikile Balula doen dit op so ‘n “f*k julle” manier dat dit nie maklik is om te verteer nie en gevoelens wakker maak wat liewer kon gebly het.

Nou kom die Jeugliga nog by en lê hulle eiertjie. Of sal ek liewer sê vrot volstruiseier. Die Jeugliga wat onlangs deur ene Fikile Balula gelei is, honderdduisende rande uitgemors het en deur Julius Malema deur sy agterent getrek is voordat hy padgegee het. ‘n Jeugliga wat met moeite weer op die been gebring is, en nou politieke bollie die wêreld in spuit om relevant te probeer wees. Die meeste van sy lede het geen koekken kloe van die onderhandelde skikking van die vroeë negentigs nie, nog minder van die bepalings van die grondwet. Al wat hulle weet, is wat Julius en sy rooi bende flentergatte doen, moet hulle beter doen om stemme te trek. En in die proses beskadig hulle rasseverhoudings tot op die rand van onherstelbaar.

“Kan julle julle voorstel,” het Pottie daarop gewys, “wat gaan gebeur indien die jeugliga by Kingspark of Ellispark, of Loftus, opdaag tydens ‘n Super 15 of Curriebeker-wedstryd en op die veld hardloop. Of buite die stadion dinge aanvang soos die betogende studente op die kampusse? Dit gaan mos gevoelens in rugby-ondersteuners se binnestes wakker maak wat moeilik gestuit kan word. Dit gaan oorlog wees.”

Genoeg daarvan. Kom ons hoop die regering het die (geykte en skaars) politieke wil om dit te keer.

Ons glimlag van die week kom van Gert Smallberger van Nelspruit wat elke Meimaand Suidkus toe kom, en minstens elke tweede dag hier ‘n skuimkop kom drink. Hy hou van die atmosfeer, sê hy. Hy het vertel van Jan, ‘n prokureursklerk, wat met ‘n blou oog op kantoor kom. “En dit” vra sy kantoormaat.

“Man, ek is nou net met die vuis geslaan deur ‘n vrou in die hysbak.” “Hoe so?” vra die maat. “Die vrou was baie mooi gebou, en ek kon nie help om na haar mooi borsmaat te kyk nie.

Ek was heel ingedagte toe sy ma vra: “Sal jy nommer een druk, asseblief?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.