Wouter se Watergat

2016-05-26 06:00

DIS lankal reeds bekend dat Meimaand die lekkerste maand van die jaar aan die Suidkus is, maar Mei 2016 was tot dusver ongelooflik. Bykans elke besoeker wat kom kuier, veral die Gautengers met voorskoolse kinders wat spesifiek in Mei see toe kom, het daarna verwys.

‘n Egpaar van Bloemfontein, Johnny­ en Bets Combrinck hou die afgelope 25 jaar in Shelly Beach vakansie, en sê hulle kan nie onthou wanneer die weer so perfek was nie.

Soos almal wat reeds hier kom kuier het, weet, die Watergat is nie net ‘n kuierplek nie, maar ‘n praatplek waar lekker gesels word.

Tot redelik onlangs is gesprekke oorheers deur seker die enigste oorblywende lekker onderwerp in ons lewens, sport … en veral rugby. Politiek is nou egter loshande voor. Die groot onderwerp van bespreking die afgelope week was die boksgeveg tussen Pravin Gordhan en die Zupta-groep wat hul hande op die Tesourie se sleutels wil kry.

As die gevoelens wat hier uitgespreek is, enige betekenis het, kom hier groot “sports”. Alhoe meer mense wat vroeër bereid was om die regering ‘n kans te gee en ook saam te werk om van Suid-Afrika ‘n sukses te maak, raak behoorlik gatvol. Dis asof die regering met oop oë in die rigting van ‘n reuse afgrond loop en hoop dis ‘n optiese illusie.

‘n Bekende Pretoriase politikus wat hier ingeloer het, het ons meegedeel hy het baie gesaghebbend gehoor daar is ‘n soortgelyke bekommernis by ‘n groot groep binne die regerende party.

“Maar bekommernis alleen help nie. Daai groep moet vinnig iets doen anders is daar geen toekoms vir ons in hierdie land nie. Veral nie vir ons kinders en kleinkinders nie. Ook nie vir hulle nie.”

Die konsensus was ook hoewel die Zuptas ‘n groot bedreiging is, is Julius en sy rooi brigade vyand nommer een. Indien hulle hulle sin kry, gaan niks meer saakmaak nie. Ook nie die ANC se bekommerde groep nie.

Die storie van die week kom van Len Celliers van Durban.

Hy vertel van ‘n groep manne wat enkele jare gelede per boot uit is om te gaan visvang.

Op die boot het die hulle lekker bier gedrink, en met die hulp van die see van hulle het siek geword.

Piet het oor die kant van die boot gehang, en toe hy weer ‘n kat skiet, val sy boonste stel valstande in die see. Sy maats lag hulleself moeg, en besluit om hom ‘n poets te bak.

Een van hulle, die kêrel wat seker die hardste en lekkerste gelag het, haal sy eie valstande uit, sny agter Piet se rug die maag van ‘n haaitjie oop wat vroeër gevang is, en sit die valstande daarin.

“Piet, kyk hier, hier’s jou tande. Die haai het hulle ingesluk.” Piet kan dit nie glo nie. Hy gryp die tande, vee hulle half skoon, en druk hulle in sy mond.

“Nee man, dis nie my tande hierdie nie.”

Met ‘n groot swaai van sy arm gooi Piet die tande 20 meter van die boot af in die see.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.