Wouter se Watergat

2016-06-09 06:00

DIE afgelope twee weke was daar feitlik net een onderwerp waaroor besoekers gepraat het: rugby, en nogmaals rugby. Die SupeRugby-kompetisie, en dan natuurlik die Springbokgroep. Feitlik almal het saamgestem dat Allister Coetzee daarin geslaag het om verskeie belangegroepe tevrede te stel: die politici wat meer swart spelers in die span wil hê, die ondersteuners wat aandring op vernuwing, en diegene wat vra waarom daar geen Lions-spelers vroeër in die Springbokspan was onder Heyneke Meyer nie.

Dit lui inderwaarheid ‘n nuwe era in Springbokrugby in, en selfs ons Sharks-ondersteuners hoop Coetzee het deeglik kennis geneem van die tipe rugby wat die Goue Leeus die afgelope tyd gespeel het. Wat ‘n plesier om te beleef. Ek twyfel egter of Coetzee se spelers dieselfde sal kan doen, tensy hy hulle dieselfde vryheid gee as wat Johan Ackerman en Swys Joubert met hul klomp talentvolle jongelinge gemaak het. Wat ook gekweek moet word, is ‘n soortgelyke spangees op en van die veld af.

Dit sal interessant wees om te sien hoe die SA A-span onder die afrigting van Johan Ackerman gaan vaar, en of hy, soos Oom Pottie sê: ‘Leeu-kultuur” op hulle sal kan oorplant.

Die nuusberig wat die manne egter warm onder die kraag gemaak het, was die aankondiging van die ANC-jeugliga dat hy die komende Ierse toer gaan ontwrig. Ek moet sê, dit maak my nie net warm onder die kraag nie, dit maak my die bl*ksem in.

Wie de d*nner is die jeugliga om só iets te wil doen? Die enigste motivering kan wees dat hulle vir vetseun Julius wil sê, enigiets wat jy doen, kan ons beter doen. Ons enigste hoop is dat die helderdenkendes in die ANC, en hoewel dit moeilik is om te glo, daar is heelwat van hulle, die organisasie gaan oorhaal om hierdie voorneme stilweg te laat vaar. Want indien dit nie gebeur nie, en die ontwrigting gaan voort, is ek bevrees ‘n dier sal wakker gemaak word wat nie weer sal doedoe nie. Betoog by die wedstryde op ‘n ordelike wyse, dis hul volle reg. Maar ontwrig? Ek hoop om die jeugliga se onthalwe hul lede, van hulle wat tot 35 jaar oud is, het goeie mediese skemas. Jong ondersteuners van met ‘n paar skuimkoppe in hul mae, kan mos self ‘n bietjie ontwrigting pleeg, of hoe? Die groot verloorder sal ongelukkig weer menseverhoudings wees, en rassisme sal meer as gewoonlik, hoogty vier.

Oom Pottie het na die Lions-wedstryd voorverlede naweek op Loftus met die grappie van die week vorendag gekom. ‘n Bloubul-ondersteuner, ‘n Lions-ondersteuner en ‘n Chinees sit in die kraamsaal en wag op goeie nuus. Uiteindelik kom die dokter uit.

“Geluk menere, al drie die outjies is gesond maar ongelukkig, weens die druk in die kraamsaal, is die babas deurmekaar gemaak, en sal julle asseblief self moet inkom om jul kinders te kom uitken.” Die Lions-ondersteuner storm die babakamer binne en gryp onmiddellik die klein Chinesie. “Meneer,” sê die dokter, “dis tog ooglopend nie jou kind daardie nie. Hoe nou?”

“Ek weet, maar ek wil net doodseker maak ek vat nie ‘n Bloubulletjie huis toe nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.