Wouter se Watergat

2016-06-16 06:00

“EK sê julle, hierdie munisipaliteite van ons is hopeloos! Die koerante is reg om hul onbeholpenheid en onbekwaamheid aan die wêreld te verkondig.” Aan die woord was Oom Wallie van der Walt van Ramsgate, reeds 30 jaar ‘n inwoner daar, en redelik opgewerk tydens ‘n bespreking in die Watergat oor koerante se beriggewing die afgelope tyd.

Aan die een kant was daar diegene, soos die uwe, wat meen die foute van die munisipaliteite kan nie toegesmeer word nie, maar meer sensitiwiteit moet aan die dag gelê word met sulke berigte. Dit help nie om jou eie derms uit te ryg onderwyl die hele wêreld kyk nie. Kommunikeer as belastingbetalers met die munisipaliteite, plaas voortdurende druk op hulle, dreig hulle, skree op hulle, maar doen dit só dat besoekers nie afgeskrik word nie. Hoe minder vakansiegangers hierheen kom, hoe moeiliker gaan ondernemings soos die Watergat, en die Suidkus in die geheel, oorleef.

Helaas, ons was baie ver in die minderheid. Die meerderheid het die ander kant van die argument gesteun, en die ooms Wallie en ons eie Pottie was beslis: “Maak seker almal, insluitende die slapgatte in beheer, weet van die vuil strandtoilette, stukkende waterpype, slaggate, prostitute, dwelmhandelaars en misdaad op die strande,’ was die refrein.

“Ons wil aksie hê, nie beloftes nie.”

Die ander (onvermydelike) onderwerp van bespreking was die Springbokke se nederlaag teen Ierland. Niemand het hulle verdedig nie, maar oor die redes en wat gedoen moet word, was daar groot verskille. Oom Pottie se refrein was: “Waar was ons slotte en losvoorspelers? Die losvoorspelers is of was almal Stormers, en een slot is ‘n Stormer. Faffie en later Elton en Warren het gewys ons het die spelers. Hulle moet net gekies en behoorlik afgerig word. Wat van Jaco Kriel en Malcolm Marx, die nuwe Bismarck? En Ruan Combrinck? Adriaan Strauss is nie ‘n kaptein se dinges nie. Wat van Warren?”

Toe ons soos Leeus in die son begin gaap het ten aanhore van sy Ellispark-propaganda, het hy in ‘n hoek gaan sit met stilstuipe en ‘n Namibiese laafmiddel. Nietemin,Toetie Coetzee en sy spelers sal iets moet doen. Dalk het Oom Pottie iewers ‘n punt beet, al sal ons Sharks dit nooit erken nie.

Oom Wallie het met die storie van die week vorendag gekom. ‘n Vrou koop ‘n papegaai in ‘n troeteldierwinkel vir slegs R400.

“Waarom so goedkoop?” vra sy. “Kan nie anders nie, niemand wil hom hê nie,” verklaar die eienaar. “Hy was 20 jaar in ‘n bordeel, en sy taal is kras.”

Sy besluit om die African Grey tog te koop om haar saai lewe op te kikker. In haar huis sien hy haar twee dogters, en trek los: “My f**, ‘n nuwe bordeel, ‘n nuwe madame en twee nuwe prostitute.”

Die vrou en haar dogters is verleë, en giggel half bekommerd onder mekaar. ‘n Rukkie later kom haar man by die huis aan. Die papegaai sit kiertsregop. “My f**, nuwe bordeel, nuwe madame, nuwe prostitute maar dieselfde klante. Hoe gaan dit, Ferdie?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

TUT extends recess

29 minutes ago

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.