Wouter se Watergat

2016-07-21 06:00

“JY sê ek kan jou nie oortuig om nie daaroor te skryf nie? Asseblief Woutie, maak dan net seker jy laat hulle weet ek was baie emosioneel en het ‘n dop of twee jenewer gedrink. Ek weet ek was ook rammetjie-uitnek. Ek is jammer.”

Aan die woord was Oom Pottie twee-uur Sondagoggend nadat die jong Goue Leeus deur die Argentynse Jaguares ‘n rugbyles in die tweede helfte gegee is. Behalwe dat gebeure hier in die Watergat, veral dié wat groot aandag trek, hierdie rubriek makliker maak om te skryf, het Pottie dit verdien om in groot verleentheid gestel te word. Voor die wedstryd het ons en verskeie besoekers geredeneer oor die besluit van Johan Ackerman om ‘n junior span oor te stuur om die Argentyne aan te vat.

Die meerderheid van ons se mening was indien die Lions wou verseker dat ‘n Suid-Afrikaanse span minstens in die eindronde speel, en op Ellis-Emiratespark, moes hul hul bestes stuur en die jop gedoen kry. Nou moet die Sharks Nieu-Seeland toe om te gaan verloor, terwyl hulle dit die komende naweek op Ellispark kon gedoen het sonder marathon flugflou-vlugte.

Daarbenewens moet die Lions nou met die Crusaders, ‘n meneer van ‘n span wat vanjaar laat wakker geword het, afreken, en dan self Nieu-Seeland toe vertrek. Die kersie op die koek is, indien die twee Suid-Afrikaanse spanne wel verloor, speel vier Nieu-Seelandse spanne dan om die titel.

Pottie het net nie geglo die Lions sou in Buenos Aires verloor nie, en toe die wiele in die tweede helfte begin afval, het hy eers die ref begin blameer maar van pure spanning en frustrasie vyf minute voor die einde dronkverdriet gekry. Nie luidrugtig nie, maar stil-stil met druppende trane in sy jenewer. Ek wou hom eers jammer kry, maar het daarteen besluit.

Nie eers sy redenasie dat Ackerman met sy besluit ‘n onverbeterlike spangees gesmee het, en dat die Lions op grond daarvan die titel nogtans gaan vat, het my oortuig nie. Ackerman se besluit sal in die annale aangeteken word as een van die groot flaters aan Lionkant. Ek wonder wat dink Kevin de Klerk van die inkomsteverlies omdat die finaal nie op Ellispark gespeel sal word nie?

Johnny van Dyk, ‘n verkeersman van Clarens in die Vrystaat, het ‘n skuimkop op die huis gekry vir die volgende verhaaltjie.

‘n Verkeersman word in die ongevalle-afdeling opgeneem weens blindederm-ontsteking. Nà die operasie verduidelik dokters aan hom dat alles goed afgeloop en die breuk herstel is. Hy bly egter ongemaklik want elke keer wanneer hy beweeg, kry hy ‘n pynlike trek tussen sy bene daar waar dit saak maak. Die verkeersman lig sy jurk op om te kyk wat aangaan. Drie, groot, taai stukke kleefband, van daai wat slegs met groot moeite losgemaak word, is oor sy pels en speelgoed geplak.

Op die kleefband is die volgende in ‘n mooi vroue-handskrif geskryf: “Ek hoop jy raak gou gesond … van jou hospitaalsuster … die een wat jy verlede week met R1 000 beboet het.”

Behalwe dat gebeure hier in die Watergat, veral dié wat groot aandag trek,
hierdie rubriek makliker maak om te skryf, het Pottie dit verdien om in groot verleentheid gestel te word

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.