Wouter se Watergat

2016-07-28 06:00

WAT ‘n rugby-Saterdag. Die Watergat was van half-tien af tot nege uur die aand tjok-en-blok vol. Sedert die Watergat se bestaan het ons nog nooit so ‘n omset op ‘n Saterdag gehad nie, vakansietye inkluis. Laat die middag het ons gesukkel om die bottels bier wat ek uit die pakkamer moes gaan haal, koud te kry. Vroulief het bokse vis en vleis in die vrieskas huis toe geneem, en ons kon die bier ‘kitskoud’ maak. Die rede was natuurlik die drie groot rugbywedstryde op een dag.

Ons het omtrent rondgehardloop om almal te bedien, en hoewel die meeste besoekers Sharks-ondersteuners was, was daar heelwat WP en ‘n bietjie minder Lions-manne. Teen nege-uur die aand, toe die Watergat nog steeds vol was, het feitlik almal wat nie gereelde Lions-ondersteuners is nie, met die hulp van heelwat voggies, hulself as ‘tydelike Lions-ambassadeurs’ tot die eindstryd verklaar. Selde in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis was dit so duidelik hoe groot die gaping tussen ons topspan en die res is. Die arme Gary Teichman. Hy moet wonder wat se hopelose situasie hy geërf het....’n span wat totaal rigting verloor het, en ‘n bestuur met te min geld om hom beter “te koop”. Die Stormers het ook met ‘n slag aarde toe gekom in hul eerste wedstryd vanjaar teen ‘n Nieu-Seelandse span. Dis ook duidelik die formaat van die kompetisie sal aangepas moet word, om verskeie redes. Maar hoe? Dis nogal ‘n probleem.

Oom Pottie? Sy blydskap was so groot dat ons hom eintlik jammer gekry het. Hy kon nie ophou glimlag nie, en in ‘n laat stadium, het hy met trane in sy oë (om ‘n ander rede as verlede week) en ‘n stem wat breek, verklaar dis die heuglikste dag in sy hele lewe, en hy wens sy ou Simmer en Jack-spanmaats, wat lank reeds onder die grond is, kon die Lions se vertonings saam met hom vier. Dis toe dat ek vroulief gevra het om hom huis toe te neem. Hy het Dinsdag nog hoofpyn gehad.

Die glimlag van die week kom van Jack Kingsley van Ballito, en dit handel oor ‘n pastoor in ‘n klein dorpie waar min mense Engels goed verstaan, wat sukkel om homself in die kerk hoorbaar te maak. Behalwe dat reën ‘n geraas op die dak maak, word sy preek gereeld onderbreek deur mense met hoesbuie. Sy erg Engelse koster neem die pastoor se stryd ter harte, en gaan koop ‘n groot bottel hoesstroop en die volgende Sondag is hy gereed om enige sondige sieke te help. Elke keer wanneer ‘n gemeentelid hoes, loop hy met sy bottel soontoe, fluister iets in die hoesgesteisterde se oor, in Engels. Die lidmaat lyk dan effens bedees, staan op en loop uit die kerk uit. Aan die einde van die diens is minder as die helfte van die oorspronklike lidmate oor. Na die diens vra die omgekrapte pastoor aan koster Jackson: “Brother, what did you say to the flock?” Koster Jackson, wat na die bottel beduie: “For cough”.

Die glimlag van die week
kom van Jack Kingsley van
Ballito, en dit handel oor
‘n pastoor in ‘n klein dorpie
waar min mense Engels goed
verstaan, wat sukkel om
homself in die kerk hoorbaar te maak. Behalwe dat reën ‘n geraas op die dak maak, word sy preek gereeld onderbreek deur mense met hoesbuie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.