Wouter se Watergat

2016-08-25 06:00

BUITEN verlede naweek se rugby, was daar maar min opgewondenheid hier in die Watergat, hoewel die manne oor die plaaslike verkiesings nogal spraaksaam was. Die blydskap oor die klap wat die regerende party gekry het, was ooglopend.

Ja, ja, dis waar dat die oorgrote meerderheid mense wat hierheen kom, nie ANC-ondersteuners is nie, maar twee DA-ampsdraers wat in die Watergat middagete geniet het, het ons verseker hoewel van die plaaslike ANC-politici nie baie gelukkig is nie, is hulle bly hul party het ‘n ‘wake-up call’ gekry. Dis juis hierdie stelling wat ‘n lewendige bespreking uitgelok het.

“Wake-up call?” was Hennie Groenewald van Umtentweni se mening.

“Wake-up call se dinges. Die top ANC-ampsdraers blameer almal behalwe hulleself vir hul terugslag. Dit terwyl die rede vir die opposisie se groei hulle in die gesig staar. Verwyder Nommer Een en sy patronaatmaatjies en kyk wat gebeur.”

Niemand het hieroor van Hennie verskil nie. Die groot vraag by almal was egter waarom dit nie gebeur nie. Is sy patronaatstelsel werklik so sterk? Weet hy van ander se geraamtes in die kas wat hom onaantasbaar maak? Ewenwel, die volgende twee jaar in Suid-Afrika se politiek gaan woelig wees, om dit sagkens te stel. Daar is selfs twee stadsraadslede met rooi klere­ in die nuwe Ray Nkonyeni- stadsraad­. Soos my Engelse skoonma altyd sê: “watch that space”.

Die rugby? Wat kan ‘n mens sê? Nadat ons gesien het hoe die All Blacks die arme Wallabies soos kitsgras oprol, en hoe die Springbokke eers kort voor die einde van die wedstryd teen Argentinië die wenpunte aanteken, was daar ‘n donker wolk in elke gemoed oor wat later vanjaar gaan gebeur.

As dit nie vir die rubbermannetjie Faf de Klerk was nie, het ons nie veel gehad om oor opgewonde te raak nie. Is dit die spelers? Of is dit die afrigter?

Die Curriebeker-uitslae het ons baie meer plesier gegee, want die Sharks is nou goed geplaas, veral nadat die Griekwas Oom Pottie se geliefde Leeus se snorre in Kimberley se grond en droeë gras gevryf het.

Dit was ooglopend dat die Johannesburgers nie dieselfde is sonder hul nege Springbokke en ander verlooptes nie.

Toe ek Pottie meedeel hy moet onthou die rede waarom die Leeus verlede jaar die Curriebeker gewen het, was omdat van die ander spanne sonder hul Springbokke moes speel, het hy niks gesê nie, in ‘n hoekie gaan sit en twee Grandpa-hoofpynpoeiers met tamatiesap afgesluk.

Een van die DA-manne wat hier gekuier het, het ons vertel van die dominee wat op pad terug was Vrystaat toe en langs ‘n politikus in die vliegtuig sit. Die lugwaardin kom en neem die bestellings.

Die politikus bestel ‘n dubbel-whisky en soda.

Hy wil net die eerste genotvolle slukkie neem toe die predikant hier langs hom baie afkeurend aan die lugwaardin sê: “Ek sal liewer by ‘n vrou van die nag slaap voordat ek sterk drank oor my lippe neem.”

Langs hom stik die politikus en gee onmiddellik sy drankie terug.

“Haai dominee, ek het nie geweet daar is ‘n keuse nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.