Wouter se watergat

2016-09-01 06:00

NÀ nog ‘n woelige politieke week was die Watergat se gesprekke vol uiteenlopende menings oor wat vorentoe in die land gaan gebeur. Hierdie rubriek is te kort om die volle spektrum te dek, maar die konsensus was hier kom groot bollie.

Die golf teen Nommer Een, verbasend genoeg ook in sy eie party, word alhoe groter, en hoewel mense van my verskil, is ek oortuig daarvan hy is “dead meat”. Die vraag is net hoe lank hy en sy patronaatmaatjies aan mag gaan vasklou, want hoe langer dit neem hoe groter die tussentydse skade aan die land en die ekonomie. As ‘n sakeman is dit laasgenoemde wat my die meeste bekommer.

Ons gaan nog harde finansiële bene kou, en ek stem saam met oud-president F.W. de Klerk dat talle (wit) mense die land gaan probeer verlaat indien dinge nie gou verbeter nie. Kom ons hoop die Gordhans, Manuels, Phosas, Krieglers, Maimanes en die talle ander oor die politieke spektrum wat gatvol is, se eensgesindheid oor die kankergewasse in die Suid-Afrikaanse regering- en staatsdiens kry vinnig momentum, iets wat makliker behoort te wees na die klappe wat die kiesers in die plaaslike verkiesing uitgedeel het.

Ongelukkig is daar vandeesweek nie veel te sê oor rugby om van die politiek af weg te kom nie. Ons ligpunt is die verbete veggees van die Sharks in die Curriebeker-kompetisie, maar waarheen die Springbokke op pad heen is, weet nugter. Tensy daar ‘n totale omwenteling kom, gaan nie net die All Blacks nie, maar ook die Wallabies ons later vanjaar verflenter. Het ons net nie beter spelers nie? Is die gaping tussen SuperRugby en toetswedstryde werklik vir ons te groot? Of is dit die afrigter?

Ons glimlag van die week is oorvertel deur Miemie en Justus Venter van Bethlehem wat op hul jaarlikse vakansie van vroulief se spesiale groentesop kom eet het.

‘n Man raak op ‘n dag gatvol daarvan dat hy elke dag moet gaan werk sodat sy vrou by die huis kan bly. Hy bid toe en vra, “Here, ek wil graag hê my vrou moet voel hoe dit voel om agt ure per weeksdag hard te werk. Kan ons nie vir ‘n dag liggame ruil nie?”

Sy gebed word verhoor, en die volgende dag word hy as ‘n vrou wakker. Die man-vrou staan op, maak oggendete, maak die kinders wakker, voer hulle, pak middagete in vir almal, neem die kinders skool toe, doen inkopies, maak die katbak skoon, was die hond, maak die huis skoon, jaag skool toe om die kinders op te tel, gee hulle middagete, kyk dat hulle huiswerk doen, stryk en maak aandete.

Na aandete maak hy-sy die kombuis skoon. Vou klere op, bad die kinders en kry hulle teen nege-uur in die bed. Hy-sy klim doodmoeg in die bed, waar sy-haar man (vrou) eers bietjie aandag soek.

Die volgende oggend raak hy-sy vroeg wakker en bid: “Here, ek het nie geweet waarvoor ek vra nie. Verander my asseblief weer terug na ‘n man. Amen”. Die antwoord kom: “My kind, ek weet jy het jou les geleer, maar ek kan jou eers oor 9 maande terugverander. Jy het gisteraand verwagtend geraak.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.