Wouter se Watergat

2016-09-08 06:00

DIE afgelope week was nogal stil, stil in die sin van min woorde. Die manne is moeg van politiek, die Springbokke is nie juis ‘n bron van inspirasie nie, die Proteas gaan nou amptelik gebuk onder kwotas, en les bes, die Sharks het verloor. Die Lions ook, en wat beteken het dat een van ons groot gespreksleiers, julle weet wie, ‘n baie lae profiel gehandhaaf het.

Nietemin, ons het wel verlede Saterdag so ‘n effense insident gehad wat gelukkig gou bedaar het. Dit het te doen gehad met ‘n gebruik hier in die Watergat sedert ons TV-stelle vir sportkyk geïnstalleer het. Elke TV-stel is met rugbywedstryde ingestel op die Engelse klankbaan. Ons luister na Hugh Bladen en sy kollegas, en nie na die John van Rensburgs of Toks van der Lindes nie. Om spesifieke redes.

Saterdagmiddag vra Pieter Badenhorst van Pretoria ewe beleefd waarom die TV’s se klankbaan op Engels ingestel is. Ek verduidelik aan hom myns insiens is die Engelse kommentators baie beter opgelei, kundiger en saai hulle in baie goeie Engels uit. Die Afrikaanse kommentators daarenteen het nie behoorlike opleiding ontvang nie, veral die oud-rugbyspelers.

Hul kommentaar is besaai met anglisismes, soos “die Cheetahs sal nou moet druk opsit”, hul stembeheer is power, pleks van om bloot vir TV-kykers bykomende inligting te gee, vertel hulle jou presies wat jy self kan sien. Daarbenewens is hulle hopeloos te bevooroordeeld, veral wanneer die Springbokke speel, somtyds veel erger as die Aussie-kommentators. Wat my die meeste irriteer, is John van Rensburg, reeds baie ervare, maar wat nog steeds ‘n tweede Gerhard Viviers wil wees.

”Dis nou rugby. Kyk net hoe ontduik hy twee drie man.En go een. Hy hardloop nog, hardloop nog … en hy druk hom nou. Fantasties Suid-Afrika. Mense, dis Springbokrugy op sy beste.” Tipiese radio-kommentaar uit die verlede op moderne televisie.

Pieter wou-wou hom vererg, maar ek sê ek gee glad nie om om die TV-stel naby hom na die Afrikaanse klankbaan oor te skakel nie, want my teenkanting is nie teen Afrikaans per se nie, ek is lief vir my taal, maar teen die manier hoe die uitsaaiers hom opfoeter. Hy het dit aanvaar, en lekker gekuier.

Na die wedstryd het Pieter vorendag gekom met die storie van drie dominees. Op ‘n Saterdag besluit hulle om saam te gaan visvang. Langs die rivier sê die eerste dominee: “Broers, ons sit nou lekker rustig hier langs die water sonder om na ander mense se probleme en sondes te luister. Is dit nie tyd dat ons self ‘n bietjie afpak en bieg nie?

“Ek het iets wat baie swaar op hy hart lê … ek het van die kerk se geld gevat, en as iemand uitvind, is ek in groot moeilikheid.”

Die tweede dominee val ook in: “Broers, ek het ook ‘n geraamte in die kas … ek slaap so bietjie rond, en terwyl ek preek, soek ek my volgende slagoffer.”

Die twee kyk na die derde dominee wat ongemaklik begin rondskuif. Derde dominee: “Broers, ek is so bly ons bieg. My probleem is dat ek ‘n groot skinderbek is, en ek kan nie wag om ons gemeentes van jul probleme te vertel nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.