Wouter se Watergat

2016-09-15 06:00

IS dit nie verstommend hoe vinnig die tyd verbyvlieg nie? Ons het verlede week so gesit en gesels oor die 9/11-gedoente in New York 15 jaar gelede, en hoe meer ons gesels het, hoe meer het ons besef dis nog alles vars in ons geheues. Daardie aaklige tonele van die vliegtuie wat in die geboue vasvlieg, mense wat uitspring en hulle liewer doodval as om dood te brand, en die totale verslaenheid op die gesigte van die reddingswerkers en voetgangers in die strate.

Elkeen van ons, soos met soortgelyke gebeure, kon ook presies onthou waar ons was toe ons die nuus gekry het. Wat ons wel weet, en niemand het daarvan verskil nie, die wêreld was nog nooit weer dieselfde daarna nie.

Die vorige week het ons ‘n soortgelyke gesprek gehad oor die dood van Prinses Diana, op 31 Augustus, presies 19 jaar gelede. Met dieselfde verwondering oor hoe duidelik dit nog in ons gedagtes afgeëts is. Die twee belangrikste vrae wat gevra is in hierdie gesprek was “hoe kon Prins Charles so ‘n pragtige vrou deur sy agterent trek?”, en “hoe sou sy vandag gelyk het op 56-jarige ouderdom?”.

Ewenwel, daar is ‘n rede waarom ek vandeesweek begin het met bogenoemde. Om oor rugby te skryf is bietjie moeilik. Die groot vraag was, soos seker oral in die land, wat het geword van Springbok-rugby? Bluf ons onsself deur te dink ons spanne in die SupeRugby-reeks is mededingend?

Die Lions het dan in die eindstryd gespeel? Of vergeet ons dat die ander drie spanne in die half-eindronde Nieu-Seelanders was? Dat die Aussiespanne nêrens was nie, maar nieremin Australië het ons verlede week uiteindelik redelik maklik geklop. Dit na ‘n rits nederlae, selfs teen Engeland?

Boonop moet ons die magtige All Blacks die komende naweek op hul eie grondgebied aandurf. Is die gaping tussen SupeRugby en die internasionale toneel net te groot? Daar is mos nou ‘n hele paar Lions in die span, hoewel hulle nie naastenby so goed was as in die Superreeks nie? Is dit ons afrigter? Kies ons die regte spelers? Kom ons praat weer aanstaande week na die slagting in Nieu-Seeland.

Hier plaaslik lyk dit asof die Sharks se wiele wil-wil afkom. Op Ellispark verflenter die Lions se tweede span die Westelike Provinsie, nadat die Lions vroeër sleg teen die Griekwas en die Bulle verloor het. Niks maak sin nie en daar is nie ‘n logiese verklaring nie. Daarbenewens is die Cheetahs onoorwonne, nadat hulle in die SupeRugbyreeks nêrens was nie.

Genoeg swartgalligheid. Dominee Jan Swart van Pretoria het ons gemoed so effe opgekikker met die storie van die dominee wat ‘n man vra “waarom so hartseer broer?”

“My hond is dood, sal dominee hom begrawe assbelief?” “Nee broer,” antwoord die dominee, “ons begrawe nie honde nie. Probeer die AGS oorkant die straat.”

“Goed dominee,” kom die antwoord, “dink dominee hulle sal ‘n donasie van R50 000 aanvaar?”

“My magtig broer, waarom sê jy nie vir my dis ‘n NG-hondjie nie? Kom sit asseblief.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Fire at UJ lecture hall

8 minutes ago

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.