Wouter se Watergat

2016-10-20 06:00

DIE afgelope week was hier in die Watergat meer meningsverskille tussen besoekers as normaalweg, en wat dit interessant maak, dit het nie gehandel oor sport-, of soos gewoonlik, rugbykwessies nie.

Nee, dit was oor ‘n man met die naam Donald Trump.

Wat my nogal verbaas het was die heftigheid waarmee hy óf verdedig óf aangeval word. Lyk my daar’s geen tussen-in gevoel vir onse Trump nie. Jy is mal oor hom of jy kan hom nie hanteer nie.

Omdat hy so pal in die nuus is deesdae weens sy beweerde eskapades met vroue, kyk ons nogal dikwels na die buitelandse televisiestasies, en dis opvallend dat dieselfde tendens daar voorkom.

Wat ook opmerklik is, is dat heelwat mense wat van hom hou, nie vir Trump self verdedig nie, maar praat oor Hillary Clinton en wat met haar verkeerd is.

Okay, sy’s beslis nie ‘n engeltjie nie, maar wat my hinder, is hoe Clinton se foute van Trump ‘n goeie president kan maak. Ek moet erken, sowel Oom Pottie as ek was van die begin af Trump-ondersteuners, basies omdat hy nie die stereotipe Amerikaanse politikus is nie en, soos Oom Pottie sê “ ‘n graaf ‘n graaf” noem. Boonop vat hy die “establishmen” aan.

Ongelukkig het sy verlede hom nou ingehaal, en het my mening oor sy presidensiële vermoëns drasties verander. Veral omdat ek agtergekom het van sy grootste ondersteuners is verregse groepe en mense wat vas glo in ‘conspiracy theories’ en dies meer. Kyk maar net wat sê hierdie mense als oor Clinton. Pottie meen ek het te vroeg besluit.

“Ek voel ook nie meer heeltemal dieselfde nie, maar waar gaan ons heen met Clinton as president? Weer ‘n Clinton in die Withuis?” het hy gevra.

‘n Goeie punt, maar, seg ek, ons sal daardie pyn maar moet vat. Ek is nou vas oortuig met Trump as president van Amerika sal die wêreld nog ‘n slegter plek wees.

Om die waarheid te sê, ek dink die kanse is goed dat soveel vuil wasgoed nog uitgehaal gaan word dat hy hom óf sal moet onttrek, óf hy sal by die stembus verpletter word. Verskeie besoekers en Pottie stem nie saam nie, maar kom ons kyk wat gebeur.

Rugby? Selfs Oom Pottie het toegegee dat die Cheetahs verdien om die Curriebeker te wen, veral nadat hulle sy geliefde Leeus ‘n allemintige drag slae gegee het.

Dit lyk al vir my asof hulle die Lions se benadering en tipe rugby ‘afgekyk’ het, en hul seisoen is ‘n kopie van wat die Lions verlede jaar gedoen het.

Nodeloos om te sê, ek dink nie die Blou Bulle gaan dit maak nie.

Ons loopstorie van die week kom van Piet de Lange van Umtentweni.

Die tannie en haar suster se tienjarige seun sit in die sitkamer en gesels.

“Hoekom het tannie nooit getrou nie?” vra die seun.

Die tannie dink so ‘n bietjie, glimlag vir die seun en sê: “Ag my kind, ek het nie ‘n man nodig nie. Ek het ‘n papegaai, ‘n hond en ‘n kat.

“Saam is hulle nes ‘n man. Die papegaai vloek, die hond p**p en die kat loop saans rond.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.