Wouter se Watergat

2016-10-27 06:00

WAT ‘n plesier was dit toe nie. Ek glo nie daar was een rugby-ondersteuner in die land wat nie bly was oor die Cheetahs se oorwinning in die Curriebeker-eindstryd nie. Selfs die Blou Bul-mense wat ek ken, het erken hulle is deur die beste span geklop. Soos Oom Pottie tereg verklaar het: hulle het presies gedoen wat die Goue Leeus verlede jaar gedoen het, en met dieselfde benadering en rugby. Nou lê die einde van die jaar se Springbok-wedstryde voor. O wee. O, die pyngedagte.

Kom ons laat die rugby nou daar. Die afgelope week het ons heelwat besoekers uit die Vrystaat gehad. Twee van hulle was Ronnie en Mabel Donaldson van Bloemfontein wat ons Stokvis en slaptjips kom eet en lekker gesels het. Hulle was veertig jaar gelede pas getroud, en hoewel albei reeds afgestudeer het en hy ‘n ingeskrewe prokureursklerk en sy ‘n onderwyseres was, was die finansies maar skraps.

Albei van hulle het ‘n liefde vir klassieke motors gehad, en Ronnie het in ‘n boedel afgekom op ‘n 1958 Borgward Isabella-koepee, goed opgepas met ‘n baie lae myl-afstand, en teen ‘n billike prys. Al hul spaargeldjies word oorbetaal en hulle kry die Borgward. Daar was net een probleem … waar ‘n radio moes wees, was net houthortjies met dieselfde kleur as die res van die spoggerige paneelbord. Hulle het uitgevind die radio vir daardie model, ‘n Becker Berliner, was beskikbaar by ‘n handelaar wat dit moes invoer, maar teen ‘n prys.

Hulle besluit om die volgende ses maande “van pap en water te leef”, want hulle wou die Becker Berliner hê. Na vier maande se gespaar gaan bestel hulle die radio, en na nog ‘n skaaptjop-, fliek-, roomys- en sjokoladelose maand laat die handelaar hulle weet, die Becker Berliner is daar. Bring sommer ‘n ekstra R120 saam vir die invoerbelasting. Hulle leen dit by Mabel se pa, en gaan haal die radio. By die handelaar bring die tegnikus die radio, nog in sy verpakking, haal dit uit en wys hulle die spogproduk. Hulle knik vir mekaar, bly dit was alles die moeite werd.

Die tegnikus skuif op die voorste sitplek in, en frons. Hy vroetel by die houthortjies waar die radio se voorkant moet wees, druk hier en daar, en beweeg ‘n hefboombie wat tevoorskyn kom, na bo. Mabel en Ronnie kyk na die tegnikus, na die paneel, na mekaar, en weer na die paneel. Daar, in al sy glorie, sien hulle ‘n Becker Berliner, presies op die plek waar dit moet wees, maar nou sonder die beskermende houthortjie-bedekking.

Die tegnikus druk ‘n knoppie, en die destydse Radio Oranje (die oorlede eienaar se gunstelingstasie) se musiek weerklink deur die Borgward.

Dit het Mabel en Ronnie net twee dae gevat om van hierdie (lekker) skok te herstel. Die handelaar het die nuwe Becker Berliner twee maande later aan iemand anders verkoop en hulle het amper al hul geld teruggekry. Die egpaar het vandag nog die Borgward, ‘n groot aantrekkingskrag op veteraanmotor-byeenkomste, en die Becker Berliner werk nog perfek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.