Wouter se Watergat

2016-11-03 06:00

OOR die jare het ons hier in die Watergat nog nooit ‘n insident gehad waartydens besoekers onder mekaar of met ons personeel in ‘n politieke argument betrokke geraak het nie.

Basies omdat ons politieke en godsdiens-gesprekke vermy het om ooglopende redes. Ongelukkig het daar verlede Saterdag ‘n paar harde woorde geval, eers tussen besoekers onderling, en toe tussen ons en van die besoekers.

Ons het die afgelope tyd die ooreenkoms oor politieke gesprekke effens verslap, veral omdat dit deesdae feitlik onmoontlik is om ‘n gesprek te voer sonder die een of ander politieke konnotasie as gevolg van die toestand in die land.

Verlede week se woordewisseling het ontstaan toe ‘n besoeker uit Pretoria, kom ons noem hom Oom Paul, opmerkings begin maak het oor die swart vrou wat die rugby-paneelbespreking gelei het.

Oom Paul was bitter ongelukkig omdat sy die “token Black” is om blankes verder kwaad te maak, “besef hulle dan nie dat rugby ‘n spel vir blanke mans is nie? Die Springbokke speel so vrot omdat daar gans te veel swartes in die span is.”

Oom Paul is gou gesteun deur twee vroue, ook van iewers in die binneland. Ek was verstom, want mtns insiens was dit ‘n ongeldige argement, en boonop was die vroue-aanbieder eintlik baie professioneel.

Toe ek dit durf sê is ek onmiddellik gebrandmerk as ‘n “verraaier van die blankes en die Afrikaner, en iemand wat sy nasietrots verloor het”.

Van hier af was dit ‘n stryd om die vrede te bewaar, want van die mense wat met my saam gestem het, het die drie begin aanvat en kort voor lank het harde woorde geval.

Gelukkig het ek met Oom Pottie se hulp daarin geslaag om gemoedere te kalmeer. Oom Paul en die twee vroue het later geloop, maar nie voordat Oom Paul my goed aangespreek en verseker het dat ek geen beginsels het nie.

“As jy wil hê jou oë moet oopgaan, gaan kyk bietjie hierna.” Hy gee my ‘n besigheidskaartjie met sy Facebook-adres, draai om en loop by die deur uit.

Ek het onmiddellik gaan kyk wat op sy Facebook-blad aangaan, en was verstom. Ek het geweet daar is nog mense met regse en konserwatiewe menings in die land, maar dis asof jy ‘n surrealistiese era betree van blanke baasskap, ‘n gehunker terug na dr. Verwoerd en die Ossewatrek van 1938.

Die ergste van alles is, daar is talle ander mense wat dieselfde galbraak-menings op sy blad lug, en wat mekaar warm broei oor “hoe die blanke verguis word”.

Op my Facebook-reis het ek ook afgekom op ene Sunette Bridges en Praag se “mure”. Goeie genade. Die hemel help ons vorentoe.

Genoeg van die swartgalligheid. Boetie Swanevelder van Johannesburg vertel van die stokou-oom met sy kierie by die bushalte.

Tok-tok-tok-tok kap kierie, tot die ergenis van Koos, sy vrou en agt kinders wat net voor die omie in die tou staan. Die bus kom, en daar is net plek vir Koos en sy kroos.

Net voor die bus wegtrek, sê Koos: “Oom, sit asseblief ‘n stukkie rubber oor die punt van jou kierie. Jy irriteer almal.”

Blitsvinnig antwoord die Oom, toe die bus van hom af weg begin beweeg.

“Pleks dat jy dit liewer gedoen het, dan was daar ook plek vir my.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.