Wouter se Watergat

2016-11-10 06:00

LAAT verlede Dinsdagmiddag het Oom Pottie en ek uit die Watergat weggeglip en die vergadering van die sogenaamde Active Citizens Group gaan bywoon. Dis nou die mense wat oor politieke, taal en godsdiensgrense bymekaar gekom het omdat hulle besluit het “tot hiertoe en nie verder nie”, en hul steun vir Pravin Gordhan en teenkanting teen “Staatskaping” en korrupsie ondubbelsinnig verklaar het.

Ons was half huiwerig om te gaan omdat die vergadering byeengeroep is deur ‘n aktiewe, senior ANC-‘aktivis’, soos hy homself noem, en het gewonder of dit nie bloot ‘n politieke foefie was nie. Maar groot was ons verrassing.

Die een spreker na die ander, die meerderheid van hulle ongetwyfeld regeringsondersteuners, en geestelike leiers van die Hindoe-, Moslem- en Christengelowe, het nie doekies omgedraai nie. Die boodskap was oorweldigend: kom ons beveg politici en sakemanne wat ons regering besoedel en wat ons mense se geld op verskillende maniere steel en verduister.

Kom ons staan saam en steun en beskerm Pravin Gordhan, onder meer teen die Guptas. ‘n Anglikaanse biskop, wat die minister goed ken, het ‘n boodskap van welwillendheid van Gordhan aan die vergadering voorgelees, en aan die einde is ‘n boodskap van steun aan die minister gestuur. Hoewel dit nooit so uitgespel is nie, was die onderliggende boodskap en implikasie baie duidelik: Jacob Zuma moet loop. Hoe gouer hoe beter.

Terug in die Watergat het ons ondubbelsinnig besef dit was die moeite werd om die vergadering by te woon: dit bewys weereens wanneer mense, ongeag hul verskillende oortuigings en agtergronde, integriteit en beginsels voorop stel, bereid is om besware openbaar te maak, en onwrikbaar saam te staan oor belangrike beginsels, is daar vir Suid-Afrika hoop.

Die groot groep ANC-veterane wat Gordhan steun moet nou op nasionale vlak vorentoe beur sodat die ‘olifant in die kamer’ verwyder kan word. Hy skop vas, maar sy agterent is reeds by die deur uit. Die druk moet net meer intensief en ononderbroke toegepas word.

Verder is daar nie veel om oor die afgelope week te rapporteer nie, behalwe dat ds. Mossie Mosterd en sy vrou van Nelspruit wat kom beesstert eet het, ons vertel het van ‘n kinderdiens in sy kerk so twee maande gelede. Hy het oor Daniël in die leeukuil gepreek, en gevra dat al die kinders voor moet kom sit. Baie dramaties vertel dominee Mosterd:

“En die koning se soldate gryp vir Daniël, hulle ruk hom rond, sleep hom na die leeukuil, en terwyl die diere honger brul, gooi hulle hom tussen die leeus in.”

Die kerk is tjoepstil en een seuntjie wat hom so ingeleef het in die storie, haak kliphard af: “So ‘n bliksem.”

Ds. Mosterd sê hy het hom amper in ‘n koma in gelag en kon nie verder preek nie. Hy moes een van die ouderlinge gevra om net af te sluit. Na die tyd het hy die ouers gevra om die seuntjie tog nie pak te gee nie want hy was die enigste een wat aandagtig geluister het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.