Wouter se Watergat

2016-11-17 06:00

KOM ons eet weer ons rape eerste, soos die legendariese koerantredakteur Piet Cillié destyds geantwoord het op ‘n vraag oor wat die beste raad was wat sy ma hom as kind gegee het. Ons rape vandeesweek is die stand van Springbokrugby na die soveelste nederlaag, hierdie keer teen Engeland.

Eintlik is daar nie veel te sê nie. Behalwe as ons ons eie derms wil uitryg soos ‘n bobbejaan wanneer hy gekwes is. Hierdie rubriek is gans te klein om te probeer skryf oor die redes wat hier in die Watergat bespreek is vir die stand van ons rugby. Van ‘n vrot bestuur en afrigters tot verkeerde keuses en politiek. Ons laat dit dus net daar.

Die ligpunt is die onlangse fantastiese vertonings van die Protea-krieketspan. Skielik is daar diepte, en tensy die Aussies ver benede standaard is, is daar hoop vir die toekoms. Selfs sonder Dale Steyn, wat lyk my nou verby sy beste is, en AB de Villiers, het die span fantastiese vertonings gelewer.

Hierdie rubriek is geskryf voor die tweede toets beslis was, maar tot hiertoe het alles goed gelyk. Vir my is die verblydendste aspek dat Bavuma, Rabada en Phangiso bewys het hulle hoort in die span suiwer op meriete. Dis hoe dit behoort te wees.

Verder het ons ons begin voorberei vir die Kersseisoen met die aankoop van voorraad terwyl die pryse nog realisties is.

Gepraat van die Kersseisoen. ‘n Vloekdrang het verlede week by my opgekom toe ek in ‘n groot supermark in die Southcoast Mall was, op 10 November­. Behalwe dat alles in die Coca-Cola-rooi van kommersiële-Kerfees getooi was, het die een reeds holrug-geryde “Kersliedjie” na die ander oor die luidsprekers geklink.

Kyk, ek kan Mary’s Boy Child, of Little Drummer Boy nog ‘n week voor Kersfees hanteer, maar op 10 November? No way. Is die winkelbase dan van lotjie getik? Later vra ek die kassiere en haar maat wat hulle van die musiek dink.

“Meneer, ons voel somtyds of wil weghardloop,” kom die antwoord en die oë rol, “dit het reeds op 1 November begin, ons hoor dieselfde liedjies oor en oor, dieselfde as verlede jaar en vorige jare, en Kersfees is nog ses weke vorentoe. Eish.”

Moet ons Christene nie die een of ander tyd sterk standpunt inneem oor die kommersialisering van Kersfees nie? Ek wonder wat die Moslems sou gedoen het indien hulle heilige dae so uitgebuit sou word vir geldelike gewin.

Ewenwel, Tant Hentie Els en haar suster van Bergville, albei weduwees, maar nog met ‘n vonkel in hul oë, het ons laat glimlag met ‘n stouterige storie: ‘n Ou omie is op pad hospitaalteater toe. ’n Jong, blonde verpleegster kom ingetrippel.

“Goeie môre, oom. Af met die broekie vir my.”

“Nou vir wat, nursie? Wat wil jy nou maak?”

“Ek wil jou skeer, oupa, want ons gaan jou mos besny vandag,” antwoord sy geduldig.

“Nee man, ek is hier vir ’n oogoperasie!” gil die oupa verskrik.

Die nursie verloor haar humeur en spreek hom streng aan:

“Kyk oupa, ek het nie tyd vir nonsies nie, hier staan dit in jou verslag - verwydering van die horingvlies.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.