Wouter se Watergat

2016-12-01 06:00

DAAR was verlede Saterdagaand net voor half-tien ‘n doodse stilte in die Watergat. Die volle betekenis van die Springbokke se nederlaag teen Wallis, en die algehele mislukking van vanjaar se internasionale rugbyseisoen, het ingesink. Die algehele gevoel van moedeloosheid is nog steeds met ons .

Daarom het ek besluit om in hierdie rubriek niks meer oor die Springbokke se spel te sê tot voor aanstaande jaar nie.

Instede van die normale geklets, wil ek ‘n ervaring oordra van ‘n besoeker aan die Watergat, wat my diep getref het. Nols Neethling, ‘n prokureur van Nelspruit wat gereeld hier kom vakansie hou, het my daarvan vertel toe ek hom vra waarom hy so stil is.

Hy was onlangs in sy tuisstad langs sy motor. ‘n Omie met ‘n geplooide gesig, stukkende skoene, haar-slierte in die wind, dowwe blou oë

en met ‘n verkreukelde hoed in sy hand vasgeklem het na hom aangeskuifel gekom.

“Boetie, Boetie,” roep hy. Nols het hom een kyk gegee, sy rug op hom gedraai, die motordeur oopgesluit en ingeklim. Die ou man kom krom na hom toe aangestap nadat hy van die sypaadjie afgestruikel het.

“Seker van al die drank,” dink Nols, en trek weg. Hy sien die ou man in die truspieëltjie met sy hande omhoog.

By die huis vertel hy vir vroulief Santa van die ou man. Sy was onmiddellik kwaad.

“Hoe kon jy die ou man net so los?” vra sy en loop weg. Terwyl Nols met ‘n bier in die hand sy hond ‘n stukkie biltong voer, staan Santa skielik in die deur.

“Ek het vir die man ‘n pakkie kos gepak, en ons vat een van die kinders se komberse vir hom.”

“Santa,” antwoord Nols, “die man is waarskynlik reeds onkapabel gesuip.”

Santa is onverbiddellik.

“As jy nie wil ry nie, sal ek.”

Toe weet Nols hy het geen keuse nie.

“Kom saam, dan gee jy dit vir hom.”

By dieselfde plek kry hulle die ou man, sittende op die sypaadjie, kop op sy knieë, hande wat hang tot op die grond.

“Sien, klaar dronk,” dink Nols. Santa maak die deur oop, gaan na die man toe, vat sy hande in hare en gee hom die kos.

Die omie se lyf ruk, en hy huil dat die trane deur die plooie op sy gesig stroom.

“Dis nie ek nie, mevrou. Dis die tannie by die huis. Sy het in die bad geval. Sy kan nie opstaan nie. Ons foon werk twee weke lank reeds nie meer nie.

“Ek het asma, en kon nie verder nie. Ek het ‘n man probeer stop, maar hy het weggejaag. Al wat ek kon doen was om te bid. En hier het God nou vir my ‘n engel gestuur.”

Santa en Nols hardloop die omie se huis oorkant die straat binne. Met die ambulans se sirenes nog steeds in hul ore, vertel Nols, ry hulle terug huistoe. Hulle was te laat om die tannie te red.

“Jy weet Wouter,” dit was drie weke gelede, “en ek het nog nie herstel nie. Bring my nog ‘n bier, asseblief.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.